fbpx

Innibos

Kuns inni Liedjiebos

Musiekteater / leefstyl / woordkuns / kuns

Naam van produksie: Kuns inni Liedjiebos

Met Lizanne Barnard, Adam Drömstorm (kitaar en vokaal), Vinnie Henrico (tromme), Rixi Roman (baskitaar), Jahn Beukes (klavier en marimba), Lede van die Laeveld Gemeenskapsorkes, Laerskool Bergland Koor.

Gaskunstenaar: Jan Blohm

Voorleser: Germandt Geldenhuys

Danser: Ané Niehaus

Vervaardiger: Lizanne Barnard

Gradering: Gesin                

Datum en tyd: Vrydag, 30 Junie 18:00

Venue: Christie’s at 32 on Russell

Tydsduur: 80 minute

Ondersteun deur Canary Walk en Christie’s at 32 on Russell

Bekende en veelsydige musikant Lizanne Barnard het verskeie kunstenaars en lede van die publiek genooi om gedigte te skryf oor vars, vernuwe, groei en geluk wat aansluit by Innibos se tema vir 2023. Hierdie konsert is die hoogtepunt van ʼn maandelange gewerskaf met musieknote, verfkwas en klei.

Sy het ʼn aantal gedigte getoonset vir dié musiekkonsert. Die gedigte wat omskep is, is in ʼn verskeidenheid van style georkestreer. Interessante kombinasies van instrumente en sangstemme is ingespan: kinderkoor, klassieke kwartet, marimba en fluit, trom en kitaar en ander met onverwagse kombinasie van instrumente. Die gaskunstenaar vir die aand is Jan Blohm wat ʼn sielvolle uitvoering van sy liedjies gaan gee. Germandt Geldenhuys gaan ‘n gedig voordra en hy en Lizanne gaan ook ‘n duet sing. Hierdie is ʼn unieke konsert wat kuns op sigself is.

In nog ’n stappie verder, is kunstenaars – beeldhouers, keramiekkunstenaars en skilders – gevra om uitdrukking te gee aan die gedigte. Onder dié skeppendes is Anton en Hanlie Bosch, Ilona Petzer, Mariana Zwaan en Carel de Beer. Van Jan Blohm se pragtige skilderye gaan ook uitgestal word. Al die kunswerke sal te koop aangebied word. Een van die gedigte word ook in dans uitgebeeld.

Saam met die bekende kunstenaars is leerders van plaaslike skole ook genader en is pragtige gedigte en kunswerke van die leerders ontvang. Dié wenners van die Canary Walk –kompetisie vorm ook deel van die gala-aand.

Al hierdie kunswerke is te sien in die weeklange kunsuitstalling asook tydens die musiekkonsert gala-geleentheid wat by die pragtige Christie’s at 32 on Russell aangebied word.

Hierdie is ’n uitstaande samekoms van kuns uit uiteenlopende genres: ’n Ware viering van talentvolle skeppings. Slegs beperkte kaartjies beskikbaar. ’n Vingerete word bedien.

Jan Blohm se kunswerke

Scroll to Top