Kuierverhoë

Innibos se vyf  kuierverhoë bied topvermaak vir oud en jonk.

 

kykbtn
kmibtn

Innibos kuierverhoë bied topvermaak in die oortreffende trap!

Innibos het vier kuierverhoë waar van die land se topkunstenaars optree en wat iets vir elke feesganger se musieksmaak bied. Die Arena-verhoog is op die boonste veld geleë (regoorkant die Standard Bank hoofverhoog), die kykNET Leefverhoog in die Bosmôl, die KMI Airport–verhoog in die kunspark en Die Blou Hond-verhoog net oos van die hoofarena.

Die kykNET Leefverhoog in die Bosmôl gaan hierdie jaar ’n besondere kuierplek wees. Die Huletts Koeksisterkompetisie vind daagliks vanaf 15:00 plaas. ’n Groot dansvloer gaan voor die verhoog ingerig word, sodat feesgangers lekker kan saamskoffel met orkeste soos Rohan en sy boereorkes en die Campbells.

Bekendes wat deur die loop van die feesdae op die kuierverhoë gaan optree is onder andere, Albert de Wet, Ampie, Chris Else, Elvis se Seun, Franja, Ghapi, Jakkie Louw, Jo Black, Liza Brönner, Marno van der Merwe, Martin Bester, Quentin Prinsloo, Pieter Smith, Rymstoff en Wynand & Chereé Strydom.

Al hierdie kunstenaars se optredes is by die hektoegang ingesluit. Die volledige terreinprogram is by die hekke en op die webwerf beskikbaar.

[ngg_images source=”galleries” container_ids=”17″ display_type=”photocrati-nextgen_basic_thumbnails” override_thumbnail_settings=”0″ thumbnail_width=”240″ thumbnail_height=”160″ thumbnail_crop=”1″ images_per_page=”50″ number_of_columns=”0″ ajax_pagination=”0″ show_all_in_lightbox=”0″ use_imagebrowser_effect=”0″ show_slideshow_link=”0″ slideshow_link_text=”[Show slideshow]” order_by=”sortorder” order_direction=”ASC” returns=”included” maximum_entity_count=”500″]