fbpx

Innibos

Klankdrama

Dinsdag 27 Junie 2023

Span jou verbeelding in en kom luister saam na dié klankdramas

Nog ʼn splinternuwe vertoning is die Klankdramas wat deur Kobus Burger van RSG-faam aangebied gaan word. Hy bied op Dinsdag, 27 Junie 2023 ʼn meesterklas aan oor die fynere kunsies in die skryf van ʼn radiodrama. 5 skrywers word uitgenooi om dit by te woon. Elkeen skryf dan ʼn kort-kort drama van ongeveer 5 minute wat dan die middag met karakters en byklanke opgeneem gaan word. Hierdie dramas word dan die Woensdagaand as ʼn produksie uitgesaai. Feesgangers woon die uitsending by waar die drama belig word deur gesprekke en luister dan daarna. ʼn Heerlike ete gaan voorgesit word. Hierdie beloof ʼn heerlike sensoriese belewenis te wees. Hierdie produksie word deur Die Dagbreek Trust geborg.

Kry ons op Sosiale Media
2023 Feesterrein Program
2023 Produksie Program

Benodig jy ‘n feesgids om jou rond te wys tydens innibos? Laai hierdie gerieflike kaarte af, sodat jy altyd op die regte plekke kan wees!

Die Feesterreinplan wys jou presies waar al die verskillende venues is wat op die feesterrein geleë is, terwyl die Venuekaart al die venues aandui wat nie op die feesterrein is nie; kompleet met GPS-koördinate.

Scroll to Top