Hoorbeeld
Naam van produksie: Klankdrama
Met Kobus Burger, Annemarie van der Walt, Alita Steenkamp, Louise Schoeman, Veronica van der Walt, Frances van Niekerk, Christelle Olckers.
Tegniese regisseur en klankingenieur: Johann Pieterse
Vervaardiger: Innibos Kunstefees
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Woensdag, 28 Jun 18:00
Venue: Silver Mist Kapel, Kaapsehoop
Tydsduur: 75 minute
Prys: R100
Ondersteun deur Die Dagbreek Trust
Hoe gemaak dat luisteraars as’t ware klank kan sien, hoor en proe? Hoe skep ’n mens die juiste atmosfeer met slegs klank tot jou beskikking? Dít is die wonder van ’n radiodrama, en in die woorde van Kobus Burger, RSG-programhoof en aanbieder van verskeie radiodrama-slypskole: “Goddank vir klank!”
Binne die bestek van twee dae het Burger verskeie skrywers touwys gemaak in die fynere kuns van die radiodrama. Hierdie kort klankjuwele is opgeneem deur gesoute stemkunstenaars, geredigeer, en met byklanke gegeur.
Kom beleef die klankstories – hetsy drama, komedie of daardie een met die angel in die stert. Dit sal jou meevoer na ’n verbeeldingswêreld sonder grense. Hierdie is ʼn unieke produksie soos nog nooit tevore gesien of gehoor is nie: dit is vars, anders en lekker. Jy sal jou ore nie glo nie!