fbpx

Innibos

Kamphoer

Toneel: Drama

Naam van produksie: Kamphoer – die verhaal van Susan Nell

Met Sandra Prinsloo

Teks: Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot

Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman

Regie: Lara Foot

Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis

Klankontwerp, klankbaan en komposisie: Simon Kohler

Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo en Birrie le Roux

Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp

Vervaardig deur Theatrerocket

Moontlik gemaak deur KunsStig

Gradering: Geen o/14 (Taal)

Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 11:00; Sa 1 Jul 10:00

Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium

Tydsduur: 75 minute

Prys: R180

Gegrond op ʼn ongelooflike verhaal, vertolk Suid-Afrikaanse legende Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in ʼn konsentrasiekamp beland waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ʼn psigiatriese hospitaal in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok ly. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede.

Beeld skryf: “Sandra Prinsloo speel dié rol met oorgawe.” Stronk beskryf dit as “’n kragtige drama wat diep tref” en “Prinsloo se kragtoer as Susan Nell het die gehoor verdwaas gelaat. Trane het in baie oë geblink ná ’n staande ovasie.” Jan-Jan Joubert skryf in sy resensie vir Maroela Media: “Dit is meesleurend. Beter teater gaan jy nie sommer kry nie, en as jy dit misloop, is dit onontkenbaar jou verlies”.

Dié kragtige drama het talle toekennings ingeryg na vyfster-resensies en uitverkoopte vertonings. Hierdie pragstuk is bekroon met ʼn kykNET Fiësta-toekenning en ʼn Naledi-prys vir die beste spel in ʼn solovertoning. Die produksie is benoem vir Fiësta-, Fleur du Cap-, Aardklop- en Naledi-pryse. Kamphoer was die topverkoper by verskeie feeste en hierdie pragproduksie is nou hier in die Laeveld te sien.

Foto’s deur Jesse Kramer:

Scroll to Top