Innibos

Johny gaan Strandfontein toe – Met Johny Klein

Johny gaan Strandfontein toe

Met Johny Klein

Datum en tyd: Do 29 Jun 16:00; Vr 30 Jun 13:00; Sa 1 Jul 12:00

Johny Klein is ʼn veelsydige verhoog- en radio-akteur. Hy het volksbesit geword toe hy wyle Ferdinand Deist se Sandveldstories op RSG voorgelees het. Maar hy is ook ʼn veelsydige akteur wat in Pomporrelkonsert en Flennie die Snare diep in teatergangers se harte gekruip het. Met sy speelse aanbieding het hy Boerneef en Deist se stories laat herleef. Kom saam met Johny Strandfontein toe en kom beleef hom in al sy skreeusnaakste fasette as jy die lewe se komieklikhede saam met hom deur sy splinternuwe stories ervaar.

Scroll to Top