Innibos-trommel

Ondersteun die Innibos-trommel deur ʼn pret-pet te koop

Innibos, in samewerking met Laevelder, neem vanjaar sy betrokkenheid by die plaaslike gemeenskap ’n stappie verder met die stigting van ’n gemeenskapskas.

Die “Innibos-trommel” word  tydens die Minibos-makietie Hoërskool Bergvlam bekendgestel. Hoewel dié loodskonsert en programbekendstelling van die kunstefees gratis is, is partytjiegangers vanjaar gevra om elkeen vir slegs R10 ’n pret-pet te koop en so by te dra tot die nuwe gemeenskapskas.

Die bloedrooi pret-pette is “hoede” van geknoopte ballonne en duisende mense het met só ʼn pet gewys dat hulle harte vir die gemeenskap klop.

Dié fonds is ook die ideale platform om regstreeks by te dra tot welwillendheidsprojekte, veral vir kleiner plaaslike maatskappye en instansies wat iets wil terugploeg in die gemeenskap.

By die fees sal blou pret-pette te koop wees sodat Innibos feesgangers ook daar ʼn bydrae kan maak tot die gemeenskapskas.