fbpx

Innibos

Innibos se 2023 se toneelprogram stampvol verrassings!

 Innibos se toneelprogram gaan iets vir ʼn ieder en ʼn elk bied.

Op die toneelfront is daar van ernstige dramas tot skreeusnaakse komedies.

Een van die hoogtepunte wat aangebied gaan word, is Mirakel met Dawid Minnaar, Brümilda van Rensburg, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Eben Genis en Carla Smith. Hierdie drama behoort elke teaterganger se hart te raak.

In Kamphoer – die verhaal van Susan Nel  is Sandra Prinsloo in die naamrol. Hierdie is ‘n kragtoer wat nie misgeloop mag word nie en  beloof om die hartsnare te raak.

Kom lag saam met Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings met Charlie Bouguenon in die hoofrol. Hans se manewales sal almal laat skater.

Dan is Desiré Gardner as Magda Louw nou op almal se lippe met die gelyknamige gewilde televisieprogram – ʼn eenvrou-komedie op sy beste!

Die immergewilde Laerskool Noord met Margit Meyer Rödenbeck, Marion Holm, Ilne Fourie en Neels Coetzee is ook op die planke. Dit gee ‘n kykie na wat in ‘n skool se personeelkamer aangaan. Die regie is deur Gideon Lombard.

Natuurlik is die gewilde My vrou se man se vrou ook op die spyskaart. Met Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Vermaak, Thiart Li en Etienne du Plessis beloof hierdie vermaak uit die boonste rakke.

Frank Opperman is hier in ʼn splinternuwe stuk wat deur Dana Snyman geskryf is.

Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting oor die program.

 

Scroll to Top