Innibos maak dalk jou drome waar!

Innibos en sy feesvennote gaan vanjaar dertien drome waar maak voordat die fees op 29 Junie 2016 afskop. Dertien drome om elke feestelike bestaansjaar te vier- en een van hierdie drome kan dalk jóúne wees!

Of dit nou ’n nuwe fiets of ’n nuwe klaskamer by ’n skool is, ’n hupstoot met klasgeld of ’n ontmoeting met ’n gunsteling kunstenaar, ons wil mense help om dit te verwesenlik. Sonder drome sou elkeen van ons armer gewees het, en mét drome is dit moontlik om lewens te verander. En al gaan dit hoe stormagtig in die land op politieke en ekonomiese gebied, is dit geen rede om op te hou droom nie.

Om in aanmerking te kom vir die kans dat jóú droom bewaarheid kan word, moet jy Innibos vertel wat jou droom behels en waarom jy dit koester. Stuur dit na droomgroot@innibos.co.za. Doen dit nou!

Droom saam met Innibos 2016, en Droom groot.