Innibos

Illusionêre – nog ʼn tree verder! Met Riaan Loubser

Illusionêre – nog ʼn tree verder!

Met Riaan Loubser

Datum en tyd: Do 29 Jun 15:00; Vr 30 Jun 12:00; Sa 1 Jul 13:00

Riaan Loubser is die Laeveld se bekende mentalis. Hy gebruik sielkundige- en kulkunstegnieke, visuele inligting asook sy kennis van die menslike natuur en vlymskerp waarneming van lyftaal om die “illusie” te skep dat hy jou gedagtes kan lees. Sy blootlegging van die onvoorspelbare en soms onverklaarbare elemente van die menslike psige slaan ʼn mens dronk. Hierdie is ʼn interaktiewe vertoning vol verrassings wat jou laat lag, jou fassineer en tog ook sal laat wonder: hoe kry hy dit reg?

Scroll to Top