Innibos

Hans steek die Rubicon oor

Toneel: Komedie / eenmanvertoning

Naam van produksie: Hans steek die Rubicon oor

Met Charlie Bouguenon

Debuut

Teks: Rudie van Rensburg

Verwerking: Francois Toerien

Regie: Lizz Meiring

Tegniese Regie en Beligtingsontwerp: Jak J Brits

Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions

Gradering: Gesin

Datum en tyd: Do 29 Jun 15:00; Sa 1 Jul 10:00

Venue: Bergland Laerskool

Tydsduur: 70 minute

Prys: R180

Ondersteun deur NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief)

Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap, word deur sy kinders en ʼn drakoniese matrone in die wiele gery. Maar Hans laat hom nie voorskryf nie, en sy rebelsheid het geen keer nie. Vinnig is daar groot konsternasie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikheid. Van daggakoekies en ʼn boeremafia tot ontkleedansers en protesaksies, word Huis Madeliefie en sy inwoners onderstebo gekeer. Hans se storie is ʼn storie van ons tyd. Sy omstandighede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het. Hans manewales sal oud en jonk gehore laat skaterlag.

Die trapsitplekrye by Bergland Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Scroll to Top