Toneel: Komedie
Naam van produksie: Hans gee Herklaas horings
Met Tobie Cronjé
Debuut: Ja
Teks: Rudie van Rensburg
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr 30 Jun 10:00; Sa 1 Jul 14:00
Venue: Bergland Laerskool
Tydsduur: 70 min
Prys: R180
Ondersteun deur Innibos
Debuut
RSG luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronje lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Binnekort speel hy ook in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Nou kry Innibos gehore die eerste unieke geleentheid om Tobie lewendig op die verhoog te ervaar in ʼn dramatiese voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herkaas horings.
Hans, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is die oplosser van al hulle klagtes. As beheerraadlid is hy verantwoordelik om alle klein probleempies op te los – met gans te min geld in die kitty. As Fasie hom dus nooi vir ʼn vakansietjie op Hermanus, is Hans maar te gretig om sy Safari-pakke te pak. Daar kom hy in aanraking met Grond Graaffwater (Overstrand se rykste skobbejak) wat sy enorme hotel op Herklaas se grond wil bou. Hans gee Herklaas horings ʼn topverkoper-boek uit die pen van Rudie van Rensburg beloof om teatergangers te laat kraai van die lag. Kom beleef die legendariese Tobie Cronjé in al hierdie karakters wanneer hy deur dramatiese voorlesing aan hierdie karakters lewe gee.
Die trapsitplekrye by Bergland Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.