Musiek: Musiekteater
Naam van produksie: Grensloos
Met Coenie se Villiers en André Schwartz
Regie: Coenie de Villiers & Andre Schwartz
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 14:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 70 minute
Prys: R180
Twee van die bekendste musikante in Suid-Afrika, André Schwartz en Coenie de Villiers span vir die heel eerste keer kragte saam in die musiekproduksie Grensloos.
Almal weet dat André ’n sanger van internasionale formaat is, maar hy is ook koning agter die klawers. Hierdie langverwagte samewerking op twee klaviere het gesorg vir uitverkoopte vertonings in Kaapstad en Johannesburg en is nou ook hier in die Laeveld om musiekliefhebbers te bekoor. Dit is ʼn vertoning sonder grense: sonder grense van taal, ouderdom of repertoire. Maar dit is ook ʼn vertoning wat optimisme en veerkragtigheid weerspieël. Kom beleef hierdie musieklegendes saam op een verhoog.
Klaviere verskaf en gestem deur Harry Green Music World.