
Die beste band in die wêreld ooit, ek sweer.
Kontemporêr
Met Ricus de Beer, Ryno Velvet , Regardt Scheepers.
Die produksie, wat gelei word deur die Radioraps- en Ryno Velvet- kampe is enig in sy soort. Rikus, bekend as Johnathan van Radioraps het na ‘n 2 jaar blaaskansie besluit om weer op die planke te verken, maar dié keer met ‘n twist. Hierdie keer is hy nie Jonathan van Radioraps nie, maar homself, Rikus. Hy was nog altyd ‘n groot aanhanger van Ryno Velvet. Na hulle ontmoeting en op die jaar waar hulle al twee 40 word, het hulle besluit om kragte saam te snoer en ‘n produksie op die planke te bring wat stories uit Rikus se perspektief vertel, sowel as die 9 liedjies wat op die album, Nou toer ons, verskyn.
Bekende parodieë en ou classics van Ryno en Rikus, sowel as ‘n paar verrassings wat nog nooit gehoor is nie, maak deel uit van die vertoning. Heeltemal uniek en enig in sy soort. Hierdie vertoning het ‘n ouderdomsbeperk van 16 en is net vir lekker mense.
Produksie Inligting
Gradering: Gesin
Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 90 min
Prys: R305