Musiek: Musiekteater / leefstyl / woordkuns
Naam van produksie: De Priester, De Slippers en De Gin
Met Jak de Priester, Bibi Slippers, Heinrich Pelser en Willem Kieviet van ClemenGold GinTM
Gradering: Geen o/18
Datum en tyd: Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 12:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Seunskoshuis
Tydsduur: 80 minute
Prys: R150
Ondersteun deur NATi en ClemenGold GinTM
Hierdie is ʼn besondere produksie vol verrassings. Verwag pragtige gedigte, sielvolle musiek en dan nog boonop ʼn heerlike ClemenGold Gin-proe daarby. Hierdie twee talentvolle woordkunstenaars gaan die gehoor bekoor: Jak met sy sielvolle vertolking van sy liedjies en Bibi met haar raaksê poësie. Bibi lees gedigte uit fotostaatmasjien voor, maar ook van die nuwe gedigte wat sy vir haar tweede bundel geskryf het. Jak vul dit aan met sy eie vertellings en liedjies wat ’n ander perspektief oor dieselfde tema gee. Heinrich Pelser sorg vir ‘n interessante klankbaan wat hierdie woordkunstenaars se woorde lewe gee. Feesgangers se ervaring word verder verryk met ʼn tong-tippie-jenewer-proe deur Willem Kieviet van ClemenGold Gin, gemaak met ClemenGold mandaryne uit die Nelspruit-omgewing. ʼn Hoendervleis-produksie wat al jou sintuie gaan wakker skud.