fbpx

Innibos

Toneelproduksies

My Vrou se Man se Vrou

Toneel: Klug Naam van produksie: My Vrou se Man se Vrou Met Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Vermaak, Thiart Li en Etienne du Plessis Teks: Ray Cooney Regie: Frans Swart Vertaler: Peet van Rensburg Gradering: Geen o/13 (Ouerbegeleiding) Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 11:00; Sa 1 Jul 10:00 Venue: Laeveld Laerskool Tydsduur: 135 minute, pouse ingesluit Prys: R200 Die skreeusnaaksste klug van alle tye, My Vrou se Man se Vrou, is terug! Die oorspronklike stuk, Run for your Wife, hou die rekord vir die langs-lopende klug op Londen se Wes-einde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat. Die hoofkarakter is John Smith, ’n Londense taxi-bestuurder wat saam met sy vrou Mary in Highgate woon … en ook met sy vrou Barbara in Finchley, net vier minute uitmekaar. Natuurlik is die twee mevroue Smith salig onbewus van mekaar se bestaan, aangesien John sy ongereelde werksure gebruik as ’n verskoning om sy dubbele lewe weg te steek. Maar ’n ongeluk en ’n verkeerde adres veroorsaak ’n kettingreaksie en John moet bontstaan om te keer dat sy geheim op die lappe kom! En om sake te vererger, moet hy sy nuuskierige bure, ’n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne ontduik! Die twee hoofrolle word deur Phillru van Achterbergh en Botha Enslin vertolk, ongetwyfeld twee van Suid-Afrika se beste komiese akteurs. Voeg daarby name soos Marissa Claassen, Danielle Britz, Thiart Li, Stefan Vermaak en Etienne du Plessis, en jy het ’n trefferproduksie op hande. Die trapsitplekrye by Laeveld Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

My Vrou se Man se Vrou Read More »

Innibos se 2023 se toneelprogram stampvol verrassings!

 Innibos se toneelprogram gaan iets vir ʼn ieder en ʼn elk bied. Op die toneelfront is daar van ernstige dramas tot skreeusnaakse komedies. Een van die hoogtepunte wat aangebied gaan word, is Mirakel met Dawid Minnaar, Brümilda van Rensburg, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Eben Genis en Carla Smith. Hierdie drama behoort elke teaterganger se hart te raak. In Kamphoer – die verhaal van Susan Nel  is Sandra Prinsloo in die naamrol. Hierdie is ‘n kragtoer wat nie misgeloop mag word nie en  beloof om die hartsnare te raak. Kom lag saam met Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings met Charlie Bouguenon in die hoofrol. Hans se manewales sal almal laat skater. Dan is Desiré Gardner as Magda Louw nou op almal se lippe met die gelyknamige gewilde televisieprogram – ʼn eenvrou-komedie op sy beste! Die immergewilde Laerskool Noord met Margit Meyer Rödenbeck, Marion Holm, Ilne Fourie en Neels Coetzee is ook op die planke. Dit gee ‘n kykie na wat in ‘n skool se personeelkamer aangaan. Die regie is deur Gideon Lombard. Natuurlik is die gewilde My vrou se man se vrou ook op die spyskaart. Met Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Vermaak, Thiart Li en Etienne du Plessis beloof hierdie vermaak uit die boonste rakke. Frank Opperman is hier in ʼn splinternuwe stuk wat deur Dana Snyman geskryf is. Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting oor die program.  

Innibos se 2023 se toneelprogram stampvol verrassings! Read More »

Scroll to Top