fbpx

Innibos

Toneelproduksies

Puik toneel op die Innibos spyskaart.

Die tafel vir die Innibos Produksieprogram is hierdie jaar gedek met uitsonderlike en interessante vertonings wat in ieder en ʼn elk se smaak sal val. Hier is ʼn paar lusmakertjies! Die produksie Albatros met Louw Venter en Ben Albertyn in die rolverdeling is die aangrypende verhaal van ʼn pa en seun oor twee geslagte heen en beloof om feesgangers aan die hart te gryp.  In die produksie Een met die bekende Cindy Swanepoel en Zak Hendrik in die rolverdeling, het hierdie twee getroudes letterlik vas aan mekaar gegroei. Deur die tragiese komedie, worstel die twee karakters om van mekaar te skei en hul eie identiteit weer te vind. Hierdie is ʼn snak-na-jou-asem-produksie wat beslis nie misgeloop moet word nie.  Die toneelspyskaart bevat van ernstige dramas tot lekkerlag komedies.  Vir die eerste keer by Innibos is daar ook ʼn dansproduksie op die spyskaart. Noah met onder andere PJ Sabbagha en Nicholas Aphane is ʼn multimedia-produksie met uitstekende choreografie waar die dansers en beelde teen die skerms in perfekte harmonie is. Hennie Maas en Johan Rademan is hier om ons meer van die buitenste ruimtes te vertel in hulle produksie Sterre en planete. Feesgangers kan ook saam met hulle deur teleskope kyk na die wonderlike uitspansel. Vanjaar is die Boekecrawl na Kaapsehoop weer terug en beloof ʼn uitsonderlike ervaring vir boekliefhebbers te wees. Op die musikale front kan daar uitgesien word na die aantreklike manne in die produksie Boys R Back: Willem Botha, Ruan Josh, Reynard Hugo, Germandt Geldenhuys en Lee Scott wys in hierdie produksie dat hulle nie net sag op die oog is nie, maar ook mooi kan sing. ʼn Pragproduksie wat nie misgeloop moet word nie, is Mixtape van die liefde. Met sang en poësie beloof hierdie produksie tone-wat-omkrul–van lekkerte. Leon Gropp, Jana Cilliers, Stephanie Baartman, Mathys Roets, Laurinda Hofmeyr, Anna Davel en Johny Klein is die sangers en akteurs wat hieraan gestalte gee. Vir die eerste keer word daar ook vanjaar ʼn Klassieke crawl na die Sudwala-grotte aangebied waar onder andere die Hollands Got Talent-wenner Amira Willighagen saam met Charl du Plessis optree. Innibos bied ook vanjaar saam met Unigrad Nataniël in die Sudwala-grotte aan. Hierdie beloof ʼn uitsonderlike konsert te wees met staaltjies soos net Nataniël kan vertel. Hierdie is maar net ʼn paar van die produksies op vanjaar se spyskaart. Die produksieprogram sal vroeg in April beskikbaar wees.

Puik toneel op die Innibos spyskaart. Read More »

Mirakel

Toneel: Drama-komedie Naam van produksie: Mirakel Met Dawid Minnaar, Bettie Kemp, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis Teks: Reza de Wet Regie en ontwerp: Marthinus Basson Verhoogbestuurder en beligtingsontwerp: Nicolaas de Jongh Assistent-verhoogbestuurder: Philip Theron Gradering: Geen o/12 (Vooroordeel, Diviniteit) Datum en tyd: Do 29 Jun 11:00; Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 10:00 Venue: Mbombela Stadsteater Tydsduur: 130 min (pouse ingesluit) Prys: R190 Vervaardiger: KKNK ’n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi Dis 1938. Met die Depressie sukkel mense om te oorleef. ’n Teatergeselskap onder die leiding van die befaamde akteur Dante du Pré bevind hulle in ’n klein dorpie in die hoop om ’n bietjie verligting te bring met ’n opvoering en sodoende die baie leë geldkoffer weer ’n bietjie aan te vul. Maar een van die spelers, die jong Abel, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer, Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Dan daag Anna op met ’n mandjie vol kos en die verhongerde geselskap moet begin kies tussen oorlewing en verraad, idealisme en realiteit. Hierdie bittersoet komedie uit die pen van die magiese Reza de Wet is nog steeds net so vars en in gesprek met ons huidige realiteit ná Covid-19 en ’n steeds tuimelende ekonomie.  

Mirakel Read More »

Kamphoer

Toneel: Drama Naam van produksie: Kamphoer – die verhaal van Susan Nell Met Sandra Prinsloo Teks: Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman Regie: Lara Foot Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis Klankontwerp, klankbaan en komposisie: Simon Kohler Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo en Birrie le Roux Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Vervaardig deur Theatrerocket Moontlik gemaak deur KunsStig Gradering: Geen o/14 (Taal) Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 11:00; Sa 1 Jul 10:00 Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium Tydsduur: 75 minute Prys: R180 Gegrond op ʼn ongelooflike verhaal, vertolk Suid-Afrikaanse legende Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in ʼn konsentrasiekamp beland waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ʼn psigiatriese hospitaal in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok ly. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede. Beeld skryf: “Sandra Prinsloo speel dié rol met oorgawe.” Stronk beskryf dit as “’n kragtige drama wat diep tref” en “Prinsloo se kragtoer as Susan Nell het die gehoor verdwaas gelaat. Trane het in baie oë geblink ná ’n staande ovasie.” Jan-Jan Joubert skryf in sy resensie vir Maroela Media: “Dit is meesleurend. Beter teater gaan jy nie sommer kry nie, en as jy dit misloop, is dit onontkenbaar jou verlies”. Dié kragtige drama het talle toekennings ingeryg na vyfster-resensies en uitverkoopte vertonings. Hierdie pragstuk is bekroon met ʼn kykNET Fiësta-toekenning en ʼn Naledi-prys vir die beste spel in ʼn solovertoning. Die produksie is benoem vir Fiësta-, Fleur du Cap-, Aardklop- en Naledi-pryse. Kamphoer was die topverkoper by verskeie feeste en hierdie pragproduksie is nou hier in die Laeveld te sien. Foto’s deur Jesse Kramer:

Kamphoer Read More »

Reünie

Toneel: Komedie Naam van produksie: Reünie Met Frank Opperman Teks: Dana Snyman Regie: De Klerk Oelofse Gradering: Geen o/13 (Taal) Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 11:00; Sa 1 Jul 15:00 Venue: Mbombela Stadsteater Tydsduur: 70 minute Prys: R180 Met dank aan die ondersteuning deur  NATi Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 40 jaar later vir die 1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir ’n reünie, soos beleef deur Petrus Boshoff, wat as verteller optree. Deur die loop van die aand kry die klasmaats darem ook hul beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Party se bydraes is humoristies, ander ernstig en ander onthullend. Hulle word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ʼn tragedie wat hulle 40 jaar saam beleef het. Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse “Voorwaarts” uit? Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer met Die uwe, Pottie Potgieter, Rooikaart, Hond, Klaagliedere van dominee Tienie Benade en Donkie. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Reünie Read More »

Van die rak af

Toneel: Tragi-komedie Naam van produksie: Van die rak af Met Lizz Meiring Teks  en Regie: Lizz Meiring Klank en beligting: Jak J Brits Verhoog- en produksiebestuur: Yvette Hanekom Produksiehuis: Artist Warehouse Kostuums: Hollywood Costumes – Heidi Bothma du Toit Agterdoek ontwerp: Fanus van Deventer Fotografie: Maryna Cotton Kunswerke: (Beelde) Veronika Olivier Art Gradering: Geen o/14 (T) Datum en tyd: Do 29 Jun 10:00; Vr 30 Jun 16:30 Venue: Bergland Laerskool Tydsduur: 60 minute Prys: R180 The Human Library is ’n wêreldwye konsep wat ʼn paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het. Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer – met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui: Onbekend is onbemind. Oftewel – ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie. Die praktiese toepassing is eenvoudig – in plaas van ʼn boek uitneem , neem jy ʼn mens uit. Die persoon (dikwels ʼn kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder – sy of haar storie. Eerlik, kaalvuis. In hierdie vertoning ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief, mitologies. Komies, tragies, satiries. Elkeen van dié karakters verbeeld en vertel hul unieke storie. Maar daar is ʼn interaktiewe element. Voor die aanvang van die vertoning ontvang die gehoor ʼn stembriefie met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter van hierdie karakters hulle wil “uitneem” vir dié spesifieke opvoering. Die trapsitplekrye by Bergland Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Van die rak af Read More »

Hans steek die Rubicon oor

Toneel: Komedie / eenmanvertoning Naam van produksie: Hans steek die Rubicon oor Met Charlie Bouguenon Debuut Teks: Rudie van Rensburg Verwerking: Francois Toerien Regie: Lizz Meiring Tegniese Regie en Beligtingsontwerp: Jak J Brits Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions Gradering: Gesin Datum en tyd: Do 29 Jun 15:00; Sa 1 Jul 10:00 Venue: Bergland Laerskool Tydsduur: 70 minute Prys: R180 Ondersteun deur NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap, word deur sy kinders en ʼn drakoniese matrone in die wiele gery. Maar Hans laat hom nie voorskryf nie, en sy rebelsheid het geen keer nie. Vinnig is daar groot konsternasie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikheid. Van daggakoekies en ʼn boeremafia tot ontkleedansers en protesaksies, word Huis Madeliefie en sy inwoners onderstebo gekeer. Hans se storie is ʼn storie van ons tyd. Sy omstandighede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het. Hans manewales sal oud en jonk gehore laat skaterlag. Die trapsitplekrye by Bergland Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Hans steek die Rubicon oor Read More »

Hans gee Herklaas horings

Toneel: Komedie Naam van produksie: Hans gee Herklaas horings Met Tobie Cronjé Debuut: Ja Teks: Rudie van Rensburg Gradering: Gesin Datum en tyd: Vr 30 Jun 10:00; Sa 1 Jul 14:00 Venue: Bergland Laerskool Tydsduur: 70 min Prys: R180 Ondersteun deur Innibos Debuut RSG luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronje lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Binnekort speel hy ook in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Nou kry Innibos gehore die eerste unieke geleentheid om Tobie lewendig op die verhoog te ervaar in ʼn dramatiese voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herkaas horings.  Hans, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is die oplosser van al hulle klagtes. As beheerraadlid is hy verantwoordelik om alle klein probleempies op te los – met gans te min geld in die kitty. As Fasie hom dus nooi vir ʼn vakansietjie op Hermanus, is Hans maar te gretig om sy Safari-pakke te pak. Daar kom hy in aanraking met Grond Graaffwater (Overstrand se rykste skobbejak) wat sy enorme hotel op Herklaas se grond wil bou. Hans gee Herklaas horings ʼn topverkoper-boek uit die pen van Rudie van Rensburg beloof om teatergangers te laat kraai van die lag. Kom beleef die legendariese Tobie Cronjé in al hierdie karakters wanneer hy deur dramatiese voorlesing aan hierdie karakters lewe gee. Die trapsitplekrye by Bergland Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Hans gee Herklaas horings Read More »

Laerskool Noord

Toneel: Komedie Naam van produksie: Laerskool Noord Met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Neels Coetzee Regie: Gideon Lombard Tegniese regie: Jeanne Steenkamp Vervaardigers: Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm Gradering: Geen o/13 Datum en tyd: Do 29 Jun 10:00; Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 14:00 Venue: Nelspruit Laerskool Tydsduur: 75 minute Prys: R190 ’n Ko-produksie van die Vrystaat Kunstefees en Aardklop, ondersteun deur NATi Laerskool Noord se leuse is Kyk noord en stoot voort, maar in hierdie lekkerlag-produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ’n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en die sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper met haar glitter stickers en sticky notes, is hierdie personeelkamer ’n tikkende tydbom. Nou wag almal net vir die aankondiging oor wie die nuwe hoof van Laerskool Noord gaan wees. Laerskool Noord is ’n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. ʼn Lokettreffer by talle feeste – moet dit nie misloop nie! Die trapsitplekrye by Nelspruit Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Laerskool Noord Read More »

Magda Louw

Toneel: Dramedie Naam van produksie: Magda Louw. Met Desire Gardner Teks: Desire Gardner Regie: Hannes van Wyk Gradering: Geen o/14 (Ouerbegeleiding) Datum en tyd: Do 29 Jun 18:00; Vr 30 Jun 10:00; Sa 1 Jul 10:00 Venue: Nelspruit Laerskool Tydsduur: 60 minute Prys: R180 ʼn Ko-produksie tussen Innibos, Suidoosterfees en Aardklop. Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas word? Sal sy die wysheid kan deel wat sy deur die jare opgedoen het, sonder om te veel gal te braak oor die wreedheid van oudword? Wat is haar siening oor sosiale media, gewig, die plooie oor haar décolleté, reis en sommer rys ook? Sal sy die paar kilo’s kan afskud voor haar optrede en belangrikste van alles, hoe de hel gaan sy al haar woorde onthou?   Die trapsitplekrye by Nelspruit Laerskool is met trots geborg deur Mpumalanga Scaffolding.

Magda Louw Read More »

Scroll to Top