fbpx

Innibos

2024

ATKV Kuns en Boekeoase

Vir liefhebbers van kuns en boeke is die ATKV Kuns- en Boekeoase net die plek om tydens die fees te besoek. By die pragtige Kultuursentrum van Nelspruit Laerskool word daar daagliks boekgesprekke aangebied. Etienne van Heerden gaan oor sy boek Gebeente gesels en Leon van Nierop stel sy splinternuwe roman Droomjagter bekend. Mathews Phosa kom gesels oor sy liefde vir Afrikaans en sy derde Afrikaanse digbundel wat in wording is. Daar gaan ook heerlike musiek gemaak word om hierdie knus atmosfeer te verryk. Sangers soos Alouise, Christof Berg, en Coffee Snobs gaan hier optree. Die Innibos Kunsuitstalling beloof om hierdie jaar die kersie op die koek te wees. Feeskunstenaar Luan Nel se pragtige kunswerke gaan hier uitgestal word. Vandat hy in 1998 die beoordelaars se prys vir Sasol New Signature kompetisie gewen het, het hy ontwikkel tot ʼn gerekende kunstenaar wat al nasionaal uitgestal het. Sy kunswerke gaan beslis kos vir die siel wees. Johan Myburg is Innibos se feesdigter en hy het spesiaal vir Innibos gedigte geskryf rondom die tema Feesmaal. Hierdie gedigte het as inspirasie gedien vir kunswerke wat ook hier uitgestal gaan word.  Hierdie gaan beslis die plek wees om vir ʼn wyle tydens die fees te parkeer. Want behalwe vir die kuns en boekgesprekke, is daar ook heerlike kos, gin en wyn te koop. 

ATKV Kuns en Boekeoase Read More »

2024 het ’n Feesterrein wat kook!

Die Innibos-feesterrein by Bergvlam Hoërskool in Mbombela (Nelspruit) is vanaf 27 tot 30 Junie die besige hartklop van die fees. Of jy nou 5 of 85 jaar oud is, by dié feesterrein sal daar iets wees wat in jou smaak val! Die Innibos Hoofverhoog bied soos elke jaar ‘n uitstekende konsert aan wat by die  hektoegang ingesluit is. Hier tree van die land se gewildste kunstenaars elke aand op.  Verwag om Bok van Blerk, Spoegwolf, Elvis Blue, Francois van Coke, Juanita du Plessis – om maar net ‘n paar te noem – op hierdie manjifieke verhoog te sien!  Die finale program sal vroeg in Maart bekendgemaak word. Die Alternatief@Innibos-konsert op Saterdagaand in die KykNET tent gaan beslis ook weer baie gewild wees. By die Boma-kuierteater word stukkies teater aangebied en by Spar Woelwaters word die kleingoed elke dag met  ’n propvol vermaakprogram besig gehou. Die immergewilde Bosmôl is waar jy kan kyk en koop, en ietsie drink of eet in die piazza.Daar is ook, soos gewoonlik,  ’n wye verskeidenheid stalletjies met die heerlikste feeskos en drankies.  Die Wingerd Kuiertuin was in 2023  ’n baie gewilde nuwe toevoeging tot die Innibos feesterrein en gaan vanjaar sommer nóg lekkerder wees met heerlike wyn, fynproewerkos en stemmingsmusiek. Bedags is daar verskeie verhoë op die feesterrein wat elke dag ’n propvol program met bekende en opkomende kunstenaars aanbied. Kyk uit vir die Nashua-verhoog, die Mopani-verhoog en die KykNET-verhoogprogramme wanneer ons dit in Mei bekendmaak. Daar is vanjaar beslis ’n groot verskeidenheid vermaak op die feesterrein wat iets vir elke smaak bied. Kaartjies vir die feesterrein sal teen einde Maart aanlyn beskikbaar wees. Hou ons sosiale media platforms dop vir verdere inligting!

2024 het ’n Feesterrein wat kook! Read More »

Puik toneel op die Innibos spyskaart 2024.

Die tafel vir die Innibos Produksieprogram is hierdie jaar gedek met uitsonderlike en interessante vertonings wat in ieder en ʼn elk se smaak sal val. Hier is ʼn paar lusmakertjies! Die produksie Albatros met Louw Venter en Ben Albertyn in die rolverdeling is die aangrypende verhaal van ʼn pa en seun oor twee geslagte heen en beloof om feesgangers aan die hart te gryp.  In die produksie Een met die bekende Cindy Swanepoel en Zak Hendrik in die rolverdeling, het hierdie twee getroudes letterlik vas aan mekaar gegroei. Deur die tragiese komedie, worstel die twee karakters om van mekaar te skei en hul eie identiteit weer te vind. Hierdie is ʼn snak-na-jou-asem-produksie wat beslis nie misgeloop moet word nie.  Die toneelspyskaart bevat van ernstige dramas tot lekkerlag komedies.  Vir die eerste keer by Innibos is daar ook ʼn dansproduksie op die spyskaart. Noah met onder andere PJ Sabbagha en Nicholas Aphane is ʼn multimedia-produksie met uitstekende choreografie waar die dansers en beelde teen die skerms in perfekte harmonie is. Hennie Maas en Johan Rademan is hier om ons meer van die buitenste ruimtes te vertel in hulle produksie Sterre en planete. Feesgangers kan ook saam met hulle deur teleskope kyk na die wonderlike uitspansel. Vanjaar is die Boekecrawl na Kaapsehoop weer terug en beloof ʼn uitsonderlike ervaring vir boekliefhebbers te wees. Op die musikale front kan daar uitgesien word na die aantreklike manne in die produksie Boys R Back: Willem Botha, Ruan Josh, Reynard Hugo, Germandt Geldenhuys en Lee Scott wys in hierdie produksie dat hulle nie net sag op die oog is nie, maar ook mooi kan sing. ʼn Pragproduksie wat nie misgeloop moet word nie, is Mixtape van die liefde. Met sang en poësie beloof hierdie produksie tone-wat-omkrul–van lekkerte. Leon Gropp, Jana Cilliers, Stephanie Baartman, Mathys Roets, Laurinda Hofmeyr, Anna Davel en Johny Klein is die sangers en akteurs wat hieraan gestalte gee. Vir die eerste keer word daar ook vanjaar ʼn Klassieke crawl na die Sudwala-grotte aangebied waar onder andere die Hollands Got Talent-wenner Amira Willighagen saam met Charl du Plessis optree. Innibos bied ook vanjaar saam met Unigrad Nataniël in die Sudwala-grotte aan. Hierdie beloof ʼn uitsonderlike konsert te wees met staaltjies soos net Nataniël kan vertel. Hierdie is maar net ʼn paar van die produksies op vanjaar se spyskaart. Die produksieprogram sal vroeg in April beskikbaar wees.

Puik toneel op die Innibos spyskaart 2024. Read More »

Innibos 2024 gaan behoorlik kóók!

Innibos het net die resep om ’n storm los te kook in 2024 wanneer ons van 27 tot 30 Junie gaan fees in die Laeveld. Enige wenresep kort altyd net die beste bestanddele, en soos altyd gaan ons jou kunstefees geur met van die beste musiek, dramas wat jou laat nadink, komedies om die humor in die lewe te vier en leefstylaanbiedings wat jou kreatiwiteit gaan prikkel. Daar sal ook oor boeke gepraat word, en soos altyd uitsoekstalletjies op die feesterrein by Hoërskool Bergvlam waar jy van die beste en grootste verskeidenheid handgemaakte produkte sal kry. Stel jou eie feesspyskaart saam en geur dit na smaak – dit is wat Innibos so gesellig maak! Sien jou daar van 27 tot 30 Junie 2024. Omkring die datum nou reeds, en moenie die geheime bestanddeel van die wenresep vergeet nie … JY!

Innibos 2024 gaan behoorlik kóók! Read More »

Scroll to Top