fbpx

Innibos

Musiekproduksies

Opera Extravaganza

Genre: Opera / Classical Music Name of production: Opera Extravaganza Artists: Loveline Madumo, Otto Maidi, Linette van der Merwe, Zanta Hofmeyr, Theresa Prinsloo, Janette Rottcher, Lizanne Barnard, Tobias Kruger, Nocoré Ensemble Producer: Walter Fourie Grading: Family Duration of play: 120 minutes (including interval) Date and time: Sunday, 2 July 13:00 Venue: Mbombela City Theatre Price: R180 Debute Opera Extravaganza is a glorious celebration of opera! Not only will there be the compulsory high flying soprano, but we will also explore the instrumental side, with works like the Carmen Fantasy by Sarasate for violin, and the Overture to Le Nozze di Figaro, arranged for 8 hands on 2 pianos. The stalwart of South African opera, soprano Loveline Mudamo, will be joined by bass Otto Maidi and mezzo Linette van der Merwe, and Zanta Hofmeyr will dazzle on the violin. Several of the choral delights from operatic repertoire will be performed by the Nocoré Ensemble, and Theresa Prinsloo will lead the virtuoso group of six pianists performing on the day. Pianos provided by Harry Green Music World.

Opera Extravaganza Read More »

Kuns inni Liedjiebos

Musiekteater / leefstyl / woordkuns / kuns Naam van produksie: Kuns inni Liedjiebos Met Lizanne Barnard, Adam Drömstorm (kitaar en vokaal), Vinnie Henrico (tromme), Rixi Roman (baskitaar), Jahn Beukes (klavier en marimba), Lede van die Laeveld Gemeenskapsorkes, Laerskool Bergland Koor. Gaskunstenaar: Jan Blohm Voorleser: Germandt Geldenhuys Danser: Ané Niehaus Vervaardiger: Lizanne Barnard Gradering: Gesin                 Datum en tyd: Vrydag, 30 Junie 18:00 Venue: Christie’s at 32 on Russell Tydsduur: 80 minute Ondersteun deur Canary Walk en Christie’s at 32 on Russell Bekende en veelsydige musikant Lizanne Barnard het verskeie kunstenaars en lede van die publiek genooi om gedigte te skryf oor vars, vernuwe, groei en geluk wat aansluit by Innibos se tema vir 2023. Hierdie konsert is die hoogtepunt van ʼn maandelange gewerskaf met musieknote, verfkwas en klei. Sy het ʼn aantal gedigte getoonset vir dié musiekkonsert. Die gedigte wat omskep is, is in ʼn verskeidenheid van style georkestreer. Interessante kombinasies van instrumente en sangstemme is ingespan: kinderkoor, klassieke kwartet, marimba en fluit, trom en kitaar en ander met onverwagse kombinasie van instrumente. Die gaskunstenaar vir die aand is Jan Blohm wat ʼn sielvolle uitvoering van sy liedjies gaan gee. Germandt Geldenhuys gaan ‘n gedig voordra en hy en Lizanne gaan ook ‘n duet sing. Hierdie is ʼn unieke konsert wat kuns op sigself is. In nog ’n stappie verder, is kunstenaars – beeldhouers, keramiekkunstenaars en skilders – gevra om uitdrukking te gee aan die gedigte. Onder dié skeppendes is Anton en Hanlie Bosch, Ilona Petzer, Mariana Zwaan en Carel de Beer. Van Jan Blohm se pragtige skilderye gaan ook uitgestal word. Al die kunswerke sal te koop aangebied word. Een van die gedigte word ook in dans uitgebeeld. Saam met die bekende kunstenaars is leerders van plaaslike skole ook genader en is pragtige gedigte en kunswerke van die leerders ontvang. Dié wenners van die Canary Walk –kompetisie vorm ook deel van die gala-aand. Al hierdie kunswerke is te sien in die weeklange kunsuitstalling asook tydens die musiekkonsert gala-geleentheid wat by die pragtige Christie’s at 32 on Russell aangebied word. Hierdie is ’n uitstaande samekoms van kuns uit uiteenlopende genres: ’n Ware viering van talentvolle skeppings. Slegs beperkte kaartjies beskikbaar. ’n Vingerete word bedien. Jan Blohm se kunswerke

Kuns inni Liedjiebos Read More »

The Harvard Krokodiloes

Genre: Jazz, funk, swing, ballad Name of production: The Harvard Krokodiloes With Grant Meiners, Alexander Zhou, Jack Golden, Christopher Ong, Gregor Kossmann, Xavier Evans, Nicholas DeSanctis, Saketh Mynampati, Edward Gonet IV, Alex Lim, William Murray, Christian Carson. Producer: Jack Golden Grading: All ages Duration of play: 45 minutes Date and time: Sunday, 2 July 10:30 Venue: Christie’s at 32 on Russell Price: R150 Comprised of twelve tuxedo-clad Harvard undergraduates, the Harvard Krokodiloes have been charming audiences across the world since 1946 with their signature blend of jazz, funk, rock and roll, and ballad arrangements. Their musical excellence, witty humour, professionalism, and intricate choreography have made them instant crowd-pleasers and earned them invitations to perform in more than 60 countries. Every year, the Kroks embark on 80 days of international tour to around 20 countries, performing for esteemed audiences including President Bill Clinton, King Bhumibol of Thailand, and President Mukherjee of India. From Cambridge to Cape Town, in public concerts or private performances, the Krokodiloes promise an a cappella experience like no other.

The Harvard Krokodiloes Read More »

De Priester, De Slippers en De Gin

Musiek: Musiekteater / leefstyl / woordkuns Naam van produksie: De Priester, De Slippers en De Gin Met Jak de Priester, Bibi Slippers, Heinrich Pelser en Willem Kieviet van ClemenGold GinTM Gradering: Geen o/18 Datum en tyd: Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 12:00 Venue: Nelspruit Hoërskool Seunskoshuis Tydsduur: 80 minute Prys: R150 Ondersteun deur NATi en ClemenGold GinTM Hierdie is ʼn besondere produksie vol verrassings. Verwag pragtige gedigte, sielvolle musiek en dan nog boonop ʼn heerlike ClemenGold Gin-proe daarby. Hierdie twee talentvolle woordkunstenaars gaan die gehoor bekoor: Jak met sy sielvolle vertolking van sy liedjies en Bibi met haar raaksê poësie. Bibi lees gedigte uit fotostaatmasjien voor, maar ook van die nuwe gedigte wat sy vir haar tweede bundel geskryf het. Jak vul dit aan met sy eie vertellings en liedjies wat ’n ander perspektief oor dieselfde tema gee. Heinrich Pelser sorg vir ‘n interessante klankbaan wat hierdie woordkunstenaars se woorde lewe gee. Feesgangers se ervaring word verder verryk met ʼn tong-tippie-jenewer-proe deur Willem Kieviet van ClemenGold Gin, gemaak met ClemenGold mandaryne uit die Nelspruit-omgewing. ʼn Hoendervleis-produksie wat al jou sintuie gaan wakker skud.

De Priester, De Slippers en De Gin Read More »

Grensloos

Musiek: Musiekteater Naam van produksie: Grensloos Met Coenie se Villiers en André Schwartz Regie: Coenie de Villiers & Andre Schwartz Gradering: Gesin Datum en tyd: Vr 30 Jun 18:00; Sa 1 Jul 14:00 Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium Tydsduur: 70 minute Prys: R180 Twee van die bekendste musikante in Suid-Afrika, André Schwartz en Coenie de Villiers span vir die heel eerste keer kragte saam in die musiekproduksie Grensloos. Almal weet dat André ’n sanger van internasionale formaat is, maar hy is ook koning agter die klawers. Hierdie langverwagte samewerking op twee klaviere het gesorg vir uitverkoopte vertonings in Kaapstad en Johannesburg en is nou ook hier in die Laeveld om musiekliefhebbers te bekoor. Dit is ʼn vertoning sonder grense: sonder grense van taal, ouderdom of repertoire. Maar dit is ook ʼn vertoning wat optimisme en veerkragtigheid weerspieël. Kom beleef hierdie musieklegendes saam op een verhoog. Klaviere verskaf en gestem deur Harry Green Music World.  

Grensloos Read More »

Scroll to Top