fbpx

Innibos

Die Wingerd-kuiertuin

Die Wingerd Kuiertuin

Die Wingerd Kuiertuin is ʼn splinternuwe kuierarea op die feesterrein by Hoërskool Bergvlam. Dit is tussen die pragtige bome naby die administratiewe blok geleë. Feesgangers sal wyn van verskillende landgoedere kan proe (en koop). Daar sal ook deli-stalletjies wees met proe-kos om die palet te prikkel. RSG gaan daagliks hiervandaan uitsaai en die bekende skrywer Jacques Pauw gaan Vrydag, 14:30 oor sy veelbesproke boeke kom gesels. Die Mopani-verhoog se program is volgepak met bekende sangers wat deurentyd gaan sorg vir musiek. Die verhoog by Die Wingerd word met trots geborg deur Mopani Apteek.

Die Wingerd Kuiertuin Read More »

Girls toasting with wine at party

Kom proe saam by Die Wingerd

Innibos se tema vir die jaar is VARS! en Die Wingerd is ‘n splinternuwe konsep wat beloof om al die sintuie te prikkel. Die boomryke area tussen die twee rye klaskamers (die ou Kunspark) gaan omskep word in ‘n pragtige kuiertuin. Daar gaan verskeie wynstalletjies wees waar feesgangers wyn kan proe en saam met die heerlike kos kan geniet.  Daar gaan ook pragtige kuns- en lekker kosstalletjies wees. Die aanbieding op  die verhoog in hierdie area gaan sorg dat die feesgangers heeldag net daar wil uitspan. Daar gaan interessante boekebesprekings en kosdemonstrasies, radio-uitsendings,  sangers en vele ander aktiwiteite wees. Hierdie is ‘n nuutjie wat beslis die besoek werd gaan wees!

Kom proe saam by Die Wingerd Read More »

Scroll to Top