fbpx

Innibos

Boekenaweek 2023

Tom Dreyer en Johan Myburg

Johan Myburg, ontvanger van die Hertzogprys vir sy digbundel Narreskip in 2020, en Tom Dreyer as debuutdigter met Nou in infrarooi, het mekaar in ’n “digter”-gesprek van naderby leer ken. Hoewel dit die twee digters se eerste ontmoeting was, was daar ’n heerlike woord en wederwoord, sowel as voorlesings van hul onderskeie gedigte. Die gehoor is meegesleur, en die spontane applous ‘n pluimpie vir die digters.

Tom Dreyer en Johan Myburg Read More »

Alita Steenkamp

Kaapsehoopse skrywer Alita Steenkamp se eerste Jeugverhaal Deur die vuur onderstreep haar veelsydigheid om uiteenlopende onderwerpe boeiend aan te bied. Skrywer van biografieë van onder andere Hestrie Cloete, Wynie Strydom, Mathys Roets en Stefaans Coetzee, is sy ook ‘n gesoute vryskytjoernalis wat al in talle tydskrifte gepubliseer het. Sy het verklap dat kinderrympies deesdae haar ink laat kook nadat iemand haar daarop gewys het hoe min sinvolle kinderryme met ‘n meer moderne aanslag daar is.

Alita Steenkamp Read More »

Tony Park

Tony Park, Australiese skrywer wat ná sowat 25 jaar as ‘n Laevelder beskou word, het ‘n baie vermaaklike en ligte blik gegee op die skrywers-amp, en wat presies daartoe gelei het dat hy sy hart in Afrika verloor het, asook waarom hy dit verkies om, met die spanningsroman as medium, aktuele kwessies aan te spreek. Vendetta, sy nuutste boek, gebruik juis die Bosoorlog van merendeels die 1980’s, as agtergrond.

Tony Park Read More »

Scroll to Top