Innibos

Neem die bossewa na jou feesvenue

Om van die feesterrein tot by jou show-venue te kom, hoef glad nie ’n probleem te wees nie! Met die komplimente van ons pendeldiens-borg, TRAC, word daar weer vanjaar gesorg vir moeitevrye vervoer van en na feesproduksie-venues buite die feesterrein. Die Bossewa-bussies neem feesgangers vanaf die feesterrein (Hoërskool Bergvlam) na enige van die sale of venues in Mbombela waar produksies aangebied word.

Die diens is nou reeds ’n instelling by die fees en feesgangers wat in die verlede van die Bossewaens gebruik gemaak het, sal kan getuig dat verkeersknope en parkeerprobleme heeltemal uitgeskakel word as jy met die Bossewa na jou bespreekte Innibos-produksie pendel.

Daar is een sentrale optel- en aflaaipunt: Bossewaplein wat geleë is naby HEK 1 van die feesterrein. Die kaartjies is R20 per rit.

Let wel dat Bossewaplein binne die feesterrein geleë is, aangesien dit spesiaal vir feesgangers is wat vanaf die feesterrein na hul produksievenues wil ry. Jy benodig dus ʼn feesterrein-toegang om van hierdie diens gebruik te maak.

Vroegoggend, voor die feesterrein-hekke oopmaak, is daar egter ’n oplaaipunt buite HEK 1waar feesgangers in die straat opgelaai kan word om die eerste vertoning van die dag te gaan bywoon.

Die Bossewaens vertrek 45 minute voor die begin van ’n vertoning vanaf Bossewaplein na die venue. Ongeveer 20 minute na elke vertoning is die Bossewa weer daar om feesgangers vanaf die venue terug na die feesterrein te neem.

Die BOSSEWA KITSNOMMER IS 082 321 5443

Scroll to Top