Die Laevelder Boma-kuierteater op die feesterrein is net die plek om te besoek. Hier word daar daagliks kort teaterstukke, eenmanvertonings, onderhoude en interessanthede aangebied. Hierdie jaar gaan daar ook Vrydagaand ‘n Storievuur aangebied word waar daar stories vertel en sommer lekker saam met skrywers om die kampvuur gekuier gaan word.