Donderdag 29 Junie 11:00: Dana Snyman
Vrydag 30 Junie 11:00: Jacques Pauw
Saterdag 1 Junie 11:00: Marinda Engelbrecht
Radio Laeveld 100.5FM-verhoog.
Daar gaan daagliks tussen 11:00 en 12:00 by die Radio Laeveld- uitsaaistasie op die feesterrein interessante boekegesprekke met skrywers plaasvind. Hierdie gesprekke word ook uitgesaai sodat al Radio Laeveld se luisteraars wat nie op die feesterrein is nie, ook daarna kan luister. Kom vind uit hoe Dana sy skryfwerk benader, wat sy gunsteling genres is en hoe dit verskil om fiksie teenoor ’n verhoogteks te skryf. Dana is die skrywer van Reünie, ʼn komedie wat by Innibos debuteer, met Frank Opperman in die hoofrol en De Klerk Oelofse as regisseur.
Op Vrydag vertel Jacques Pauw oor hoe hy vir sy boeke navorsing doen en seker maak hy is binne die wet wanneer hy belangrike persone se ongerymdhede en skelmstreke ontbloot.
Op Saterdag kook ons lekker met Marinda Engelbrecht, wanneer sy ons meer kom vertel oor haar topverkoper – kookboeke.
Annemarie van der Walt is die onderhoudvoerder.