fbpx

Innibos

ATKV Storietyd met Marlene en Wendy

ATKV Storietyd

Met Marlene du Toit en Wendy Byneveldt

Storietyd: Do 29 Jun 11:00, Vr 30 Jun 11:00, Sa 1 Jul 11:00

Die kleinspan is mos gek na stories! En deur na stories te luister, leer hulle taal- en luistervaardighede aan en natuurlik om hulle verbeelding in te span. Kom klim saam met tannie Marlene en Wendy in die wonderwêreld van boeke. Op hulle besondere manier gaan hulle stories so voorlees dat die karaktertjies sommer lewend word. Storietyd word deur die ATKV geborg en beloof ʼn besondere ervaring vir die kleinspan te wees.

 KINDER-OPPASDIENS OP DIE FEESTERREIN

Die ATKV Laeveld-tak bestuur Woelwaters se aktiwiteite en ouers kan hul kinders met ’n geruste hart hier in die bekwame hande van oom Louis en sy knap span laat. Kleintjies moet in- en uitgeteken word, maar die groter kinders is welkom om te kom en gaan soos hulle wil.

’n Kinder-oppasdiens is ook daagliks beskikbaar. Ouers wat graag ’n produksie wil bywoon of net in vrede tussen die stalletjies wil gaan stap, kan gerus van hierdie diens gebruik maak.

Vir die kleinspan wat ingeteken is, is daar tydens middagete heerlike eetgoed beskikbaar – moontlik gemaak deur die naamborg, SPAR!

Storietyd geborg deur die ATKV

 

Scroll to Top