Pendeldiens

Moeitevrye feesvervoer met die Bossewa

TRAC-CORPORATE-LOGO 2011Om van die feesterrein tot by jou show-venue te kom, hoef glad nie ’n probleem te wees nie! Met die komplimente van ons pendeldiens-borg, TRAC N4, word daar weer vanjaar gesorg vir moeitevrye vervoer van en na feesproduksie-venues. Die Bossewaens is eintlik spesiale wildbesigtigingsvoertuie wat feesgangers in unieke styl vanaf die feesterrein (Hoërskool Bergvlam) na enige van die sale of venues waar produksies aangebied word, neem.
Die diens is nou reeds ’n instelling by die fees en feesgangers wat in die verlede van die Bossewaens gebruik gemaak het, sal kan getuig dat verkeersknope en parkeerprobleme heeltemaal uitgeskakel word as jy met die Bossewa na jou bespreekte Innibos-produksie pendel.
Daar is een sentrale optel- en aflaaipunt by die feesterrein: Bossewaplein wat geleë is op die parkeerterrein by HEK 3. Die kaartjies is net R20 per rit.
Die Bossewaens verterk 30 minute voor die begin van ’n vertoning vanaf Bossewaplein na die venue. Ongeveer 20 minute na elke vertoning is die Bossewa weer daar om feesgangers vanaf die venue terug na die feesterrein te neem.

Echo-Signature-Logo

Ry met die Bossewa