Gholfdag

Die jaarlikse Innibos Gholfdag word op Vrydag 4 Julie by die Nelspruit-gholfklub by die Matumi gholflandgoed aangebied. Hierdie geleentheid word jaarliks goed ondersteun deur entoesiastiese gholfspelers. Daar is gewoonlik ’n aantal kunstenaars wat saamspeel, heerlike pryse om te wen en alle gholfspelers kry ook ’n gratis toegangskaartjie as hulle ná die prysuitdeling verder by die Innibos feesterrein wil gaan kuier. Al die winste wat uit die gholfdag gegenereer word, word geskenk aan ’n verdienstelike student wat graag in die kunste wil studeer.

Datum: 4 Julie 2014

Tyd: 07:00 – 18:00

Venue:  Nelspruit-gholfklub (Matumi)

Kompetisie: 4 Bal Aliansie-formaat

Koste: R 240,00 p.p.

Besprekings – Nelspruit-gholfklub: 013 744 0958

Navrae: Martie Ferreira (Pam Golding tel: 013 754 2300 of sel: 082 932 0644 en e-posadres: nelspruit@pamgolding.co.za)