Innibos

Huisgenoot Afskopkonsert

Donderdag Feesterrein en Huisgenoot Afskopkonsert

Hierdie kaartjie verleen toegang tot die feesterrein vir die hele dag Donderdag 3de Julie 2025. Dit sluit alle vermaak op die feesterrein in, sowel as toegang tot die stalletjies. Die Huisgenoot Afskopkonsert vanaf 18h00 op die Innibos Hoofverhoog is dus ook ingesluit.

Kinders tot en met 12 jaar (onder 13) betaal nie feesterreintoegang nie, maar kinders ouer as 2 benodig wel ‘n kaartjie vir die Kuiertafels of Bespreekte Stoele.

Senior burgers van 60 jaar en ouer kan slegs op die spesifieke dag by Hek 1 die pensioenariskaartjies koop (ID word benodig). Daar is nie ‘n weekkaartjie vir pensioenarisse nie.

Lys van kunstenaars:

Appel, Chris Steyn, Droomsindroom, Eloff, Francois van Coke, Jay, Karlien van Jaarsveld, Lianie May, Dirk van der Westhuizen en Hamilton Wessels.

Geen Ouderdomsbeperking

Scroll to Top