Felias en Pokkel – Die tandemuis kry ʼn blaaskans
Met Jakkie Louw en die stemme van Richard Van der Westhuizen, Lizz Meiring en Hannes Brümmer
Optreetye: Do 29 Jun 12:00, Vr 30 Jun 15:00, Sa 1 Jul 12:00
Hierdie musiekblyspel poppekas is deel van ’n reeks Jaco Jacobs boeke met die naam Felias en Pokkel. Die verhaal is geskep deur Jakkie Louw. Die storie van die tandemuis word met musiek en komedie aan die kinders vertel met die hulp van 8 karakters. Jakkie Louw speel die rol van die boer. Sy stem is ook die van die twee muis-karakters, Felias en Pokkel. Die kuns van poppekas is al dekades lank deel van ons kultuur en Jakkie bring dit in styl terug. Moenie dit misloop nie. Jy sal dalk net met ander oë na daardie wisseltandjie in jou mond kyk.
Woelwaters geborg deur SPAR: