2016 Innibos Kunstefees Bustoer

2016 Innibos BUSTOER
Vanaf Johannesburg & Pretoria na Nelspruit
29 Junie tot 3 Julie 2016
5 Dae

JB Train Tours nooi u uit om weer saam met ons na die 13de Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit met ons #droomgroot bustoer te reis. (Dis die ‘hashtag’ van vanjaar se Innibosfees!)
Ons bied vanjaar twee 5-dag bustoere (uit-en-tuis) soontoe aan EN u het ‘n heerlike vier dae om by die Fees te spandeer! Hierdie is ‘n regte sakpastoer sodat ieder en ‘n elk die fees kan gaan
bywoon.

U reis per bus vanaf Gauteng na die heerlike warm Laeveld, oornag vier nagte in Hoërskool Nelspruit se spog koshuise, woon die FEES met al sy aktiwiteite, musiek, opvoerings, ‘rock’ konserte, eetstalletjies, biertente en pragtige mense by, kuier saam met ander passasiers en feesgangers en keer met goeie herinneringe huistoe. Terloops, die Innibos Fees het vanjaar die Fiesta-toekenning ontvang as die gewildste fees in Suid Afrika. Kom reis saam en sien self waarom die land so sê.

Dit is ‘n ideale geleentheid vir gesinne & vriende om weer veilig saam te ry en op ‘n baie bekostigbare en lekker wyse na die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit te reis. Die bustoer vind natuurlik ook in die skool- en universiteit vakansies plaas. Die roete wat ons met die busse volg, neem ons vanaf Johannesburg en Pretoria via Witbank na
Nelspruit! Daar is ook ander opklimpunte op die roete. Sien die vertrektye hieronder.

innibus