spacer

Toneelprogram 2013

Toneel: komedie
Tango
Met Tobie Cronjé, Marius Weyers, Cobus Rossouw en Tinarie Van Wyk-Loots.
Teks: Chris Barnard
Regie: Katinka Heyns (’n Sonneblom Film Produksie)
Vervaardiger: Mannie Manim
Ontwerper: Birrie le Roux
Verhoogbestuurder: Ronel Jordaan
Gradering: Volwassenes
Datum en tyd: Di 25 Junie 18:00, Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 19:00,
Vr 28 Junie 10:00, Sa 29 Junie 15:00 en So 30 Junie 11:00.
Venue: Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 80 minute
Prys: R102
Feesdebuut
Moontlik gemaak deur Die Dagbreek Trust.
’n Innibos-produksie
Tango
Twee heeltemal onpaar oujongkêrels, Lappies en Daan, deel ’n woonstel êrens in die diep platteland. Lappies verwag dié middag vir Tillie, ’n mooi plaaslike pop, om vir hom te kom dansles gee. Maar daar is ’n onverwagte en ontydige besoeker, Daan se oom Kas – ’n skatryk familielid uit die verre verlede met ’n duister geskiedenis, baie ondernemingsgees en ’n swakheid vir mooi meisies.
Soos dit is, is Tillie pas uit haar woonstel geskop omdat sy nie haar huur kan betaal nie, en Kas belowe haar die maan en die sterre. Maar hy gaan ongelukkig net ’n raps te vinnig te ver. En een fout lei tot ’n ander.
Dis Tillie wat die hef in die hande kry, en daar is niks so gevaarlik soos ’n slim brunette wat speel sy is ’n dom blondine nie. Veral as jy haar loslaat tussen drie mans wat elkeen sy eie agenda het en sy eie sondes met hom saamdra.
Tango is Chris Barnard se eerste ligte komedie, geskryf in opdrag van Innibos Kunstefees, ter viering van die fees se tiende verjaardag. 

Toneel: tragikomedie
Huis Toe
Met Deon Coetzee, Neels van Jaarsveld, Johan Engelbrecht, Werner Coetser, Armand Aucamp en Amalia Uys.
Teks: Harold Pinter, vertaal en verwerk deur Hugo Taljaard
Vervaardiger en regie: Henry Mylne
Stelontwerp en kostuums: Johan Engelbrecht
Amalia Uys se rokke: Johan van den Heever
Beligtingsontwerp: Izak Furstenburg
Klankontwerp: Henry Mylne
Verhoog- en produksiebestuur: Stanley Cierenberg
Gradering: Geen o/14 (T S)
Datum en tyd: Wo 26 Junie 19:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 15:00 en 18:00, Sa 29 Junie 10:00.
Venue: Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 100 minute
Prys: R102
’n Clover Aardklop-produksie
Huis-toe-posterweb
Die veelbekroonde produksie Huis toe is een van die spogproduksies op Innibos se verjaarsdagspyskaart.
Hierdie produksie van Henry Mylne (regisseur van Vaselinetjie en 7de Laan) is geskoei op The Homecoming wat allerweë beskou word as Harold Pinter (Nobelprys-wenner vir letterkunde in 2005) se meesterwerk. Trouens, hierdie Broadway-produksie het in 1967 die Tony-prys vir beste drama gewen. Dit is ’n spel van one-upmanship gelaai met dramatiese afwagting en bytende, skerp, swart komedie. Met briljante spelers in die rolverdeling kan hierdie produksie in resensent Mariana Malan se woorde nie ’n voet verkeerd sit nie. Dit is volgens haar so naby aan ’n perfekte verhoogproduksie as wat jy kan kry.
Hierdie produksie is as die gewildste by die Woordfees 2013 aangewys. Henry Mylne is ook as die beste regisseur by Aardklop 2012 aangewys. Die produksie het ook vele benoemings gekry, onder andere Deon Coetzee. Sy briljante vertolking van die karakter Max het hom ’n benoeming as die Beste Akteur by Aardklop 2012 besorg.
Die vertaling van Harold Pinter se klassieke stuk is puik deur Hugo Taljaard gedoen en val lekker op die Afrikaanse oor.
Die inhoud van die stuk is ontstellend. Alhoewel die gesin saamgebondel in een huis bly, staan hulle koud en afsydig teenoor mekaar. Die tuiskoms van die broer Teddy met sy vrou, Ruth, ruk ’n seer oop en wat lank onder die oppervlak bly sweer het. Die leefkamer van ’n eens vroulose huis word ’n bokskryt waar die gesin mekaar verbaal pak.
Dit fokus op ’n wrede en sielkundige wedywering tussen die karakters, deurweek met spanning, emosionele lading, eensaamheid en isolasie, skyn en werklikheid. Die spanning loop tot ’n hoogtepunt waar die morele en sosiale orde van familieverhoudinge en die huwelik sterk in kontras staan.
Die dekor is indrukwekkend, die klankontwerp is weldeurdag en onheilspellend aanvullend tot die gebeure op die verhoog. Die magspeletjies word enduit gespeel en sal jou meesleur dwarsdeur die vertoning.
As jy teater wil beleef soos nog nooit tevore nie, is Huis toe die produksie vir jou.

Toneel: Klug
My vrou se man se lyk se tas
Met Chris van Niekerk, Amalia Uys, Lulu Botha, Paul Lückhoff, Chris van Rensburg, Botha Enslin, Duncan Johnson en Phillru van Achterbergh.
Teks: Ray Cooney
Vervaardiger: Lefra Produksies
Regie: Frans Swart
Gradering: Geen o/13 OB (T)
Datum en tyd: Di 25 Junie 18:00, Wo 26 Junie 09:00, Do 27 Junie 13:00 en 20:00, Vr 28 Junie 10:00, Sa 29 Junie 13:00.
Venue: NG Moedergemeente-kerksaal
Tydsduur: 140 minute
Prys: R142 / R122
My-vrou-se-man-se-lyk-se-tasHenry Perkins, ’n tipiese voorstedelike rekenmeester, ruil op die trein per ongeluk sy tas met die van ’n ander man om, net om uit te vind dat die tas ’n klein fortuin bevat! Henry vertel sy niksvemoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gehoop het nie. Gou sluit hulle beste vriende by hulle aan, asook ’n polisieman wat agter die deur staan, ’n ander polisieman wat op jag is en die gevreesde misdaadbaas wat gekom het om sy geld op te eis. Voorsienbaar, gryp die onvoorsiene in en wat volg is ’n dolle vaart van histeriese humor!

Toneel: Komedie
Ben, Babsie en familie – ’n skaterlag, driedimensionele strokiestorie-konsert
Met Lizz Meiring, Johan Engelbrecht en Hendrik Cronjé.
Teks: Lizz Meiring
Regie: Lizz Meiring
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 18:00, Vr 28 Junie 09:00, Sa 29 Junie 17:00
Venue: Bergland Laerskool
Tydsduur: 70 minute
Prys: R102
BEN-BABSIE-EN-FAMILIE-webHierdie produksie bring die bekende strokieskarakters Ben, Babsie, tant Minnie, Robert, die Rooinek en al die ander na die verhoog. Hierdie strokie was in 1955 in opdrag van Die Brandwag geskryf, maar dit was eers jare later, toe dit gereeld in Rapport verskyn het, dat dit diep in die harte van die volk gekruip het. Onthou jy nog tant Minnie met haar kefferbrakkie, Robert met die radio teen die oor, Ben en die Rooinek se alewige gestryery?
Met vernuftige spel en lewensgrootte uitgeknipte karakters speel hierdie stokiesprent weer voor die geestesoog af. Lizz Meiring vertolk die rolle van Babsie en tant Minnie. Johan Engelbrecht speel Ben en oom Sarel. Hendrik Cronjé speel Happy, oom Willie asook Robert met die radio teen die oor. As hierdie strokieskarakters jou met nostalgie vervul moet jy verseker nie hierdie produksie misloop nie. Een van die tien topverkopers by 2013 AbsaKKNK.

Toneel: Drama
My naam is Ellen Pakkies
Met Vinette Ebrahim en Christo Davids
Teks: Lizz Meiring
Vervaardiger: The Sixth Sense
Regie: Lizz Meiring
Gradering: Geen o/14
Datum en tyd: Vr 28 Junie 20:00, Sa 29 Junie 10:00, So 30 Junie 11:00
Venue: Bergland Laerskool
Tydsduur: 60 minute
Prys: R97
My-naam-is-Ellen-PakkiesWebDis die aangrypende ontroerende en soms skokkende verhaal van ’n Kaapse vrou wie se lewe internasionaal opslae gemaak het en nou wêreldwyd resoneer.
Dit is die storie van ’n ma wie se magtelose liefde vir haar tikverslaafde kind haar tot moord gedryf het. Die storie is ook dié van ’n ouer, stomgeslaan deur die ongenaakbare trauma, maar bowenal ook ’n viering van oorlewing, vergifnis en hoop. Hierdie produksie is al van Maart 2011 op die planke en het al meer as 500 vertonings regoor die land voor waarderende volgepakte gehore gelewer. Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie.

Toneel: Drama
Liefde, Anna
Met Sandra Prinsloo, Deon Lotz en Gustav Gerdener
Teks: Schalk Schoombie
Regie en ontwerp: Louis van Niekerk
Tekskonsultant: Rosa Keet
Konsep en navorsing: LieSL Marx
Beligtingsontwerp: Ni-Lou Breytenbach
Kostuumkonsultant: Bronwyn Lovegrove
Verhoogbestuur: Giep van Zyl en LieSL Marx
Vervaardigers: Giep van Zyl / GZ Productions en LieSL Marx Produksies
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 14:00, Do 27 Junie 18:00, Vr. 28 Junie 10:00, Sa 29 Junie 10:00
Venue: Baptiste-kerksaal
Tydsduur: 80 minute
Prys: R102
Moontlik gemaak deur Die Dagbreek Trust.
Liefde-Anna---Sandra-Prinsloo-en-Deon-LotzWebHierdie produksie bring die formidabele Anna Neethling-Pohl in al haar onsterflike glorie as aktrise, taalstryder en vuurvreter na die verhoog – met Sandra Prinsloo in die naamrol van haar eertydse mentor. Dit is ’n viering van een van die kleurrykste pioniers van Afrikaanse toneel. Tye van swaarkry en triomf speel in haar geestesoog af waar sy op haar sterfbed lê. Sy herleef hoogtepunte en sleutelfigure uit haar lewe besoek haar. Sandra Prinsloo is op Aardklop 2012 aangewys as die Beste Aktrise vir haar vertolking van Anna Neethling-Pohl sowel as haar spel in Oskar en die Pienk Tannie. Wenner van die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir beste teks deur Schalk Schoombee en beste regisseur Louis van Niekerk.

Skrywersnota
’n Stuk wat volledig in Anna se geheue afspeel, waar vriend en vyand oor haar verrys, stemme haar op haar sterfbed paai en treiter … Maar hoe vertel mens die storie van ’n legende sonder om fasette of belangrike mense uit te laat? Soos die titel suggereer, was die goue draad die “liefdes” in Anna se lewe: haar passie vir toneel, taal en kultuur, haar ontsag vir haar pa, haar taamlik problematiese verhoudings met mans. Wie of wat was “Anna se duiweltjie”? Haar plofbare humeur? As skrywer wou ek met Anna in gesprek tree, haar al die vrae vra wat haar tydgenote nie sou waag om te vra nie; om haar prestasies te vier, maar Anna ook met haar donker kant te konfronteer. Sy antwoord meestal in haar eie woorde, maar soms moes ek my haar houding / reaksie verbeel, sonder om die perke van wie sy in essensie was te oorskry. Ek het een keer saam met haar gewerk, in Germanicus. My oorheersende indruk: Nie ’n tannie om mee te mors nie …

Toneel: Komedie
die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer?
Met Elize Cawood en Wilson Dunster
Teks: Ilne Fourie
Regisseur: Johan Engelbrecht
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 14:00, Vr. 28 Junie 18:00, Sa 29 Junie 18:00.
Venue: Baptiste-kerksaal
Tydsduur: 60 minute
Prys: R97
Feesdebuut
die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer--Elize-Cawood-en-Wilson-Dunster---Foto-erkenning-Leana-Clunies-Ross-ROOI-ROSE-web
Dis ’n doodgewone dag in Bertie en Alfrieda Botha se lewens. Hulle is twee ou-getroudes wat hulleself ongevraag in ’n krisis bevind. Vandag blyk ’n baie belangrike dag te wees en dit is nie net die pille en brille, stywe litte of die nuwe-tegnologie-wat- nie–wil-saamwerk, wat die probleem is nie, nie een van die twee kan onthou wat maak die dessitse datum so belangrik nie! Tussen wat hulle vergeet het en wat hulle onthou lê ’n leeftyd van saamwees, goedwees, kwaadwees en liefwees. Geliefde teater-paartjie, Wilson Dunster en Elize Cawood beloof met die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? ’n lekkerkry komedie met ’n diep deernis. Moenie hierdie produksie misloop nie.

Toneel: Komedie
Strip!
Met Chris van Niekerk en Waldemar Schultz
Teks: Leon Kruger
Regisseur: Gaerin Hauptfleisch
Vervaardiger: Stercus Produksies
Gradering: Gesin (T)
Datum en tyd: Wo 26 Junie 19:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 14:00, Sa 29 Junie 17:00
Venue: Laeveld Laerskool
Tydsduur: 70 minute
Prys: R102
Strip---Waldemar-Schultz-Chris-van-NiekerkWebLeon Kruger, skepper van verlede jaar se Woordfees-treffer, Ou Blare, is terug met ’n splinternuwe komedie, Strip! met twee van die land se beste akteurs in die rolverdeling. Die bekende Chris van Niekerk speel Con, ’n motorwerkswinkel-eienaar wat net aan Mazda’s werk. Waldemar Schultz, as Jasper, kom doen aansoek vir werk, en dis dan wanneer die poppe begin dans, oftewel die ball bearings begin bons, want ’n man se garage is die oorspronklike man cave. Dis ’n plek waar ball bearings ’n régte woord is. Hier kan hy lieg en praat oor goed waarvan hy niks weet nie en dit maak nie saak nie, want wat in die garage gebeur, bly tussen hom, die spanners en die ou wat weet hoe om olie af te tap en ’n carburettor te strip. Strip! is ’n komiese storie oor ’n man wat nie weet hoe om homself van die verlede los te maak nie, tot die ou wat die olie kan aftap, hom ’n hamer gee. Wat gaan hy volgende strip?

Toneel: Tragikomedie
Draaikolk
Met Annette Engelbrecht
Teks: Joan Didion – The year of magical thinking
Vertaling: Schalk Schoombee, Annette Engelbrecht en geredigeer deur Louis van Niekerk
Regie: Louis van Niekerk
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 19:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 14:00, Sa 29 Junie 14:00
Venue: Bergland Laerskool
Tydsduur: 90 minute
Prys: R97
Feesdebuut
’n Innibos-produksie
Draaikolk---Annette-Engelbrecht-Foto-Hennie-Homann Web’n Mens se lewe kan in ’n oomblik onherroeplik verander. Die Amerikaanse skrywer Joan Didion was besig om aandete te beplan toe haar man skielik sy bewussyn verloor en kort daarna oorlede is. Dit was die begin van ’n jaar van vreemde reise, skokke, omwentelings, gedagtes wat nie altyd mooi sin maak nie, momente van galgehumor. Joan het in een jaar haar man en haar dogter aan die dood afgestaan. Hoe verwerk jy so ’n verwoestende, dubbele verlies sonder om ’n klein bietjie uit te haak? Dalk, as jy al die regte dinge doen en die regte gedagtes optower, kan jy die orde herstel? Haar joernaal is ’n hartsreis vol aandoenlike episodes en vele humoristiese, eg-menslike insidente. Die uitwerking van haar vertelling op die gehoor is uiteindelik genesend en verkwikkend – ’n intieme band word gesmee oor ’n universele ervaring. Die oorspronklike drama met Vanessa Redgrave as Joan Didion het staande ovasies in Londen en New York uitgelok. Annette Engelbrecht, veelbekroonde veteraan van verhoog, televisie en rolprente, keer terug na die verhoog in ’n kragtoer wat ontroer, vermaak en inspireer. Hierdie produksie gaan ’n ongelooflike teaterervaring bied. ’n Besliste moet-sien-produksie!

Toneel: Drama
Ont-
Met Wessel Pretorius.
Teks: Wessel Pretorius
Regie: Wessel Pretorius
Gradering: Geen o/16 (N) (T)
Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Vr 28 Junie 10:00, Sa 29 Junie 13:00
Venue: Pickfords Nelspruit Laerskool
Tydsduur: 75 minute
Prys: R97
Pickfords-new
ONT---Wessel-Pretorius WebOnt- is die bekroonde Wessel Pretorius se solovertoning oor die reis van “grootword”, ’n studie oor die samestelling van ’n gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Hy is self die skrywer, regisseur én akteur in hierdie produksie. Hy gebruik sy eie teks wat hy meesterlik met bestaande letterkunde verweef en gebruik ont-woorde wat deurgaans diep sny. Die voorvoegsel ont- beteken om weg te neem of gestroop te word van … Met charisma hou hy die gehoor deurentyd in die holte van sy hand. Hy gebruik sterk stilistiese spel en bewegings om met die gehoor te kommunikeer. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se pakkie Camel Filters. Nico van Niekerk skryf in die Spat van 5 Oktober 2012: In hierdie produksie is daar die skoonheid van die woord, die verruklikheid van die lyf en die ongelooflike nostalgie in die sterk spel van ’n baie bekwame akteur. Hierdie produksie ryg die pryse in. Dit is aangewys as die beste produksie by Woordfees 2012. Wessel Pretorius is as beste akteur by Aardklop 2012 vereer. Hy is so pas vir 6 KykNET Fiesta-toekennings benoem en het met die louere in vier afdelings weggestap: beste akteur, beste opkomende kunstenaar, beste prestasie in ’n solo-vertoning en die beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering. Moenie hierdie uitstekende produksie misloop nie!

Toneel – eenmanvertoning
Chris Chameleon – Man
Met Chris Chameleon
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 18:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 19:00, Sa 29 Junie 14:00.
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 60 minute
Prys: R102
Feesdebuut
Sanlam-Co-Branding-SPONSORED-LOGO
Chris-Chameleon---Man webIn 1989 het Chris Chameleon sy toetrede tot die vermaaklikheidswêreld met sy selfgeskrewe eenman bedryf Boy ingelei. Die toneelstuk is by elkeen van die vele kompetisies waarvoor Chris in 1989 ingeskryf het met pryse bekroon en hy het uiteindelik weggestap met die louere by die eerste Dalro Nasionale Toneelkompetisie. Dit is daarom ironies dat hoewel Chris Chameleon sy toetrede tot die vermaaklikheidswêreld op die verhoog gemaak het, hy sedertdien nog nie een keer weer vir die verhoog toneel gespeel het nie. Vanjaar bevind Chameleon homself dus vir die eerste keer in 24 jaar in ’n eenmanstuk op die verhoog by Innibos Kunstefees. Man voer die verhaal van Boy verder. Ons sien wat van sy drome geword het, sy verwagtinge, sy gevoelens en hoe hy homself nou in die werklikheid van ’n veranderde wêreld bevind. Met Chameleon se gebruiklike wisseling tussen skreeusnaakse humor en hartroerende gevoel ontknoop Man in 'n verrassende epiloog wat gehore nog lank sal bybly.

Toneel: Komedie
Ballade van ’n banggat
Met Tobie Cronjé
Teks: Barry van Rensburg
Regie: Neels Clasen
Gradering: Hele gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 20:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 15:00, Sa 29 Junie 09:00
Venue: Pickfords Nelspruit Laerskool
Tydsduur: 60 minute
Prys: R97
Feesdebuut
Pickfords-new
Ballade-van-n-Banggat--webTobie Cronje is vir die eerste keer in jare met ’n eenmanvertoning op die verhoog. Ballade van ’n Banggat is ’n opvolg van die wegholsukses Annale van ’n Windgat en beloof dieselfde intelligente humor en lewenswysheid.Banggat handel oor die menslike behoefte om homself te aanvaar soos wat hy is. Dit word gedoen met oor-tot-oor humor en lagbuie wat soos krale ingeryg is. Die Banggat vertrek op ’n reis van selfontdekking en selfaanvaarding waarin hy die gehoor meesleur.Omdat dit handel oor die verskillende persoonlikhede van mense en lewenssituasies waarin ons ons daagliks bevind, kan elkeen identifiseer met die Banggat se stryd. Die gehoor is dan ook diep betrokke by die uiteindelike ommekeer in die Banggat se lewe. Hierdie voel-goed-produksie, uit die pen van Barry van Rensburg, gaan jou laat skaterlag terwyl dit hoop bring vir die banggat in elkeen van ons.

Toneel: Drama
Wit manne se wapens
Met Gys de Villiers.
Teks: Greig Coetzee
Vertaling: Vertaal en verwerk deur Gys de Villiers
Regie: Jaci de Villiers
Gradering: Geen o/16 (T)
Datum en tyd: Wo 26 Junie 15:00, Do 27 Junie 15:00, Vr 28 Junie 19:00, Sa 29 Junie om 17:00.
Venue: Pickfords Nelspruit Laerskool
Tydsduur: 80 minute
Prys: R97
Feesdebuut
Pickfords-new
Wit-manne-se-wapens---Gys-de-Villiers web
Hierdie is ’n lekker humoristiese, nostalgiese terugblik op ons ouer wit mans se tyd in die weermag. Die troepie, die korporaal, die slapgat, die kop-toe-manne kom maak almal ’n draai. Ook die vraag, waar staan ons nou? Kom ervaar daardie eerste oomblikke in die kamp, die skietbaan, dril-oefeninge en naweekpas-kaskenades. Hierdie stuk, geskryf deur Greig Coetzee, is met groot sukses in nie minder nie as dertien lande opgevoer. Die skryfstyl en karakters bied vir Gys ’n gulde geleentheid om sy uitsonderlike talent ten toon te stel. Onder die bekwame hande van die bekroonde regisseur Jaci de Villiers met spogstukke soos Suig, Imbumba / Samesyn en Die Afrikaner op haar kerfstok, beloof hierdie om ’n produksie uit die boonste rakke te wees. Kom beleef Gys de Villiers in hierdie fisieke teater soos nog nooit vantevore nie. ’n Moet-sien-produksie.

Toneel: spanningsdrama
Stander
Met Waldemar Schultz
Teks: Charles J. Fourie
Regie: Albert Maritz
Gradering: Geen o/16
Datum en tyd: Wo 26 Junie 14:00, Vr 28 Junie 17:00, Sa 29 Junie 10:00
Venue: Laeveld Laerskool
Tydsduur: 75 minute
Prys: R97
US Woordfees en Impresario-produksie
Stander---web
Teen die einde van die sewentigerjare gryp ’n polisieman die verbeelding van die volk aan toe hy reëls en norme begin uitdaag en banke arrogant beroof. Sy pa was ’n generaal in die polisie. Hyself ’n kaptein. En wanneer die owerhede hom uiteindelik vastrek, begin die poppe dans. Die Stander-bende het meer as 40 banke beroof en soveel as R150 000 in een dag gebuit. Die mees opwindende was die feit dat hy hierdie bankrowe uitgevoer het terwyl hy nog deel van die polisiemag was. Hy het selfs van sy eie misdade ondersoek! Wat sy magdom groepe fans die aantreklikste gevind het, was sy middelvinger onder die neus van ’n arrogante, magshonger polisiemag. Nog nooit is die wonder van die fenomeen, Stander, beter vertel as met die meesterlike teks van Charles J. Fourie nie. In hierdie produksie laat Waldemar Schultz die bankrower André Stander herleef. Albert Maritz, wat self Stander in meer as 80 vertonings gespeel het, is die regisseur en sê dat Waldemar Schultz uitgeknip is vir dié moeilike taak om 27 karakters in een uur uit te beeld. Moenie hierdie vernuftige drama wat staande ovasies uitlok, misloop nie.

Toneel: drama
Oskar en die Pienk Tannie
Met Sandra Prinsloo
Teks: Eric-Emmanuel Schmitt
Vertaling: Naòmi Morgan
Regie: Lara Bye
Beligtingsontwerp: Pieter-Jan Kapp
Vervaardiger: Alexa Strachan en Sandra Prinsloo
Gradering: Gesin (OB)
Datum en tyd: Wo 26 Junie 19:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 14:00, Sa 29 Junie 14:00.
Venue: Baptiste-kerksaal
Tydsduur: 75 minute
Prys: R97
Oskar-en-die-Pienk-Web“Liewe God, my naam is Oskar, ek is 10 jaar oud, ek het die kat en die hond en die huis aan die brand gesteek, en dis die eerste brief wat ek aan jou stuur, want ek het nie voorheen tyd gehad nie. Ek moes leer.” So begin die eenvrouvertoning van Sandra Prinsloo wat so pas 3 toekennings by die kykNET Fiëstas gewen het: Sandra Prinsloo as beste aktrise en Lara Bye as beste regisseur. Die produksie het ook met die groot prys van beste aanbieding weggestap. Hierdie produksie is gegrond op die tragikomiese Oscar et la dame. ’n Roerende verhaal van die kankerlyertjie Oskar, en Ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse begelei in sy laaste dae. Waar hierdie veelbekroonde produksie aangebied word, trek dit stampvol sale en niemand kan die teater onaangeraak verlaat nie. “Sandra Prinsloo het weer gewys waarom sy as die doyenne van Suid-Afrikaanse toneelspel bestempel word. Wat ’n roerende, deernisvolle, komiese, oortuigende vertolking van drie, vier karakters met niks meer nie as net haar stem, houding en bewegings. Die oorskakeling tussen ouma Rosa en die 10-jarige Oskar is fenomenaal.” - Elretha Britz, VOLKSBLAD.


Uit die Laeveld …

Heaven’s Gates and Hell’s flames
Including a group of local volunteers from Church Unlimited
Rating: Family
Date and Time: Sun 23 June 18:00, Mon 24 June 18:00, Tue 25 June 18:00, Wed 26 June 18:00, Thu 27 June 18:00, Fri 28 June 18:00.
Venue: Church Unlimited on the Barberton Rd
Length: 60 Minutes
Entrance: Free, refreshments will be on sale.
Heavens-gates WebThis life-changing drama has already been performed in various countries around the world.  The drama depicts various short, realistic situations that specifically focus on the choices people make.  Your choices determine your destiny. The patron is eventually faced with a personal choice of their own. With special effects, audio-visual inserts and interesting decor this is a world-class production not to be missed. This riveting drama will appeal to young and old alike.

blog

comp2

facebook_icon twitter_icon youtube_icon

mainsponsors

Toegangsfooie en Kaartjieverkope

Soek

Teken in op Tjirp

Naam:
Epos: