spacer

Dans en Musiek

DANS:

Dansteater
Spectacular Spectacular 2!
Met Shaleen Surtie-Richards, Neels van Jaarsveld, Karen Zoid en dansers Ignatius van Heerden, Celeste Botha, Megan Erasmus, Charlie van Rooyen en John M Sithole.
Regisseur: Carien Loubser
Artistieke direkteur: Ignatius van Heerden
Verhoogbestuurder: Mareli Olivier
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr. 28 Junie 10:00 en Sa 29 Junie om 17:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 70 minute
Prys: R112
Sanlam-Co-Branding-SPONSORED-LOGO
Spectacular---webNa ’n wegholsukses en staande ovasies is hierdie uitverkoopte produksie te sien by Innibos Kunstefees. Kom kyk hoe van ons land se voorste dansers saam met ’n paar bekendes die verhoog aan die brand dans. Van klassiek tot kontemporêr, ballet tot gumboot, bied hierdie produksie jou iets van alles. Shaleen Surtie-Richards lei die dansproduksie waarvoor Suid-Afrika gewag het. Bring jou tiener en jou ouma – die dansritmes gaan almal laat lekkerkry.

MUSIEK:

Musiekteater – akoestiese musiek en komedie
Bok van Blerk – Die Boer en die Skot
Met Bok van Blerk, Peter Mitchell en Ricus Nel
Gradering: Gesin (OB)
Datum en tyd: Do. 27 Junie 18:00 en Sa 29 Junie om 10:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 90 minute
Prys: R102
Sanlam-Co-Branding-SPONSORED-LOGO
Bok-van-Blerk---Die-Boer-en-die-Skot-WebBok van Blerk is hierdie jaar – net soos baie jare - deel van Innibos se hoofverhoog-program. Maar hierdie jaar is hy ook in ’n ander gedaante te sien. In die verhoogproduksie Die Boer en die Skot is hy (die boer) en Peter Mitchell (die Skot) saam op die planke om vir feesgangers komiese musiekteater uit die boonste rakke te bring. En om nog ekstra fleur aan die vertoning te gee, is die veelsydige Ricus Nel met sy bekfluitjie, konsertina en ander instrumente daar! Bok het vir Peter Mitchell, die Skot, in die Verenigde Koninkryk raakgeloop. Die twee het toevallig ontmoet nadat Mitchell die liedjies van Van Blerk bestudeer het om meer van Afrikaans te wete te kom. In hierdie teaterstuk vertel Van Blerk die stories agter sy grootste treffers. Tussendeur vertel en komponeer Mitchell skreeusnaakse staaltjies en liedjies. Beide kunstenaars vermaak deurentyd in hierdie unieke stuk. Moenie hierdie aanbieding misloop nie!

Musiek: kontemporêr
Gé Korsten – Lieflike droom
Met Jannie Moolman, Riaan Hunter, Carmen Kinsey en Lilani van Zyl
Teks: Bennie Robinson
Regie en vervaardiging: Bennie Robinson
Musiekregie: Riaan Steyn en Bennie Robinson
Verhoogbestuurder en kostuumontwerp: Mariska Meyer
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 12:00, Do 27 Junie 14:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 90 minute
Prys: R102
Sanlam-Co-Branding-SPONSORED-LOGO
Lieflike-Droom-Posterweb
In hierdie huldeblyk aan Gé Korsten, neem Jannie Moolman (tenoor) en Riaan Hunter (bariton) die gehoor op ’n nostalgiese musiekreis. Met musiek, videomateriaal, foto’s en grepe uit sy televisie- en filmloopbaan, word een van Suid-Afrika se musieklegendes se lewe op ’n besonderse wyse vertel. Uitstekende produksie met stampvol sale by AbsaKKNK 2013.

Musiek: Kontemporêr
Ses snare sing The Beatles
Met Blackie Swart, Pieter Smith, Thean Kotze, M.D. Greyling, Leon Ecroignard en Peter Hoven
Teks: Schalk Schoombee
Oorspronklike musiek: The Beatles
Vervaardiger: Giep van Zyl/GZ Productions
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr. 28 Junie 14:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium
Tydsduur: 75 minute
Prys: R122
Sanlam-Co-Branding-SPONSORED-LOGO
Ses-Snare-web“Vir die oueres gaan dit ’n jol wees, vir jongeres ’n goeie leerskool oor ’n groep wat die wêreld se musiek vir altyd verander het” (Ilza Roggeband SPAT Feeskoerant Aardklop 2012). Ses Snare sing die musiek van The Beatles! Love me do, A Hard Days Night, Yellow Submarine, Let it Be, Yesterday, Get Back, Norwegian Wood, Hey Jude, All you need is Love, Penny Lane, Michelle, Twist and shout is van die songs wat jy in hierdie show gaan hoor. The Beatles kry die spesiale Ses Snare-behandeling met splinternuwe kitaarverwerkings vir ses kitare en ses stemme, hope kitaarsolo’s en ’n paar interessante musiek-instrumente wat mens nie normaalweg by ’n Ses Snare-konsert sou verwag nie: ukelele, klawers, kazoo, banjo, perkussie, neusfluit, mandolien, sousaphone, blues harp en trekklavier. Dit gee die Beatles se musiek ’n ekstra lekker kinkel. Uitverkoopte vertonings by Aardklop 2012 en KKNK 2013! Slegs een vertoning, moenie dit misloop nie!

Komiese musiekteater
LieSL Marx met die Vet-faktor
Met LieSL Marx, Nathan Smith en JP van Schalkwyk
Teks: Hanli Rolfes
Regie: Marion Holm
Musiekregie: Devereaux van der Hoven
Verhoogbestuurder en kostuumontwerp: Mariska Meyer
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 14:00, Vr 28 Junie 20:00, Sa 29 Junie 13:00
Venue: Laeveld Laerskool
Tydsduur: 70 minute
Prys: R102
Moontlik gemaak deur SlenderWonder

Liesl-Marx-webVet is ’n onlosmaaklike faktor in elke vrou se lewe. Kom kyk saam met LieSL Marx na haar vet- en maer jare nadat elke mite, dieet en kitsoplossing beproef is! Hierdie eenvrouvertoning van die vrou met die reusagtige boude, néé, stém, beloof vet pret te wees. Die musiek sal jou die beste workout gee wat jy in ’n lang tyd gehad het. Laat jou hart jou gewig weeg sodat jy jouself aanvaar soos jy is. Bring jou beste vriendin en kom lag jou ... vet … af.
Oor Vet-Faktor sê Schalk Schoombie, bekroonde dramaturg en joernalis:
Die veelsydige LieSl Marx sprankel met vurige meelewendheid terwyl sy lyf en stem gee aan die vier onvergeetlike vroue in dié produksie. Hierdie jolige, soms wulps en meestal smullekker kabaret is veel meer as blote vermaak vir almal wat hou van lekker eet. Dis ’n skerp, veelvlakkige aanklag teen onsensitiwiteit en vooroordeel. Ek het lank laas so lekker gelag en my verkneukel aan iemand se talent en robuuste stem. Die Vet Faktor is in alle opsigte vet pret! Nog ’n porsie asseblief!

Musiekteater: Kabaret
Natascha C – Oma Dekkers
Met Natascha C, Henry-John Williams.
Teks en regie: Natascha C en Henry-John Williams
Adviserende regie: Marius Bakkes
Gradering: Geen o/13
Datum en tyd: Do 27 Junie 20:00, Vr 28 Junie 20:00
Venue: Stoep se Agterstoep (langs Inniboskantoor)
Tydsduur: 55 minute
Prys: R62
Natascha-Cweb
Oma Dekkers is ’n sielvolle Nederlandse vertelling deur kabaret- sangeres Natascha C met Frans en Nederlandse lirieke van onder andere Edith Piaf en Herman van Veen asook oorspronklike Nederlandse werke uit haar eie pen om die storielyn te ondersteun. Dit handel oor die verhaal van ’n enigmatiese sterk vrou wat in Nederland woon wie se lewe drasties tydens en na die oorlog verander. Kom bepeins saam met haar oor die vraag waar ware rykdom lê en soek saam met haar na lewensvreugde deur die vele beproewinge. Beleef Natascha C waar sy die verhaal van Oma Dekkers - haar eie oumagrootjie – deur woord en sielvolle sang vertel.

blog

comp2

facebook_icon twitter_icon youtube_icon

mainsponsors

Toegangsfooie en Kaartjieverkope

Soek

Teken in op Tjirp

Naam:
Epos: