
KINDERTEATER
Fliekie Liedjies - Oom Karoolus en Lente
Met Cor en Letitia Uys.
Teks en musiek: Cor en Letitia Uys
Regisseur: Pascal Pienaar
Gradering: Hele gesin
Datum en tyd: Do 27 Junie 14:00, Sa 29 Junie 14:00
Venue: Nelspruit Primary
Tydsduur: 40 minute
Prys: R52
Kom luister na die stories wat Oom Karoolus en Lente vertel van Ou Tante Koba wat so dom was en Oom Olifant wat twee stertjies het! En ook van die Hasie wie se stert so kort was en Stoffel die Apie wat van die balie afgeval het! Kom ontmoet Lente se nuwe maatjie, Jeffrey, die Groente verkoper! En luister na die Sponskoppe met hulle nuwe liedjie, “Chewinggum Style”. Stories en musiek so na die jongspan se harte!
Woordliedjies en Stories - Oom Karoolus en Lente
Met Cor en Letitia Uys.
Teks en musiek: Cor en Letitia Uys
Regisseur: Pascal Pienaar
Gradering: Hele gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Vr 28 Junie 10:00
Venue: Nelspruit Primary
Tydsduur: 40 minute
Prys: R52
In Oom Karoolus en Lente se Woordliedjie en Stories-konsert word daar stories vertel vir die kinders om hulle van ons wonderlike Koning Jesus te leer! En natuurlik van die Woord van God! Daar is die stories van die Drie Varkies, Stoffel die Apie se Bobbejaan-storie en Jeffrey die Groenteverkoper se skreeusnaakse groentestorie. Kom luister hoe die popsangers, naamlik die Sponskoppe, liedjies van Jesus sing. Stories en musiek wat die hele gesin sal geniet!
KINDERTEATER
Kaptein Blitz en die Skool vir Superheroes
Met Frank Opperman
Skrywer: Jaco Jacobs
Regie: Lara Notcutt
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 14:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 15:00, Sa 29 Junie 10:00.
Venue: Nelspruit Primary
Tydsduur: 50 minute
Prys: R52
“Welkom by die Super-Akademie, die wêreld se enigste skool vir superheroes. Op hierdie skoolbanke het van die bekendste superheroes op aarde oor die jare gesit. Superman. Die Hulk. Wonder Woman. Die Swart Kat. Chuck Norris. Schalk Burger. Jou register-superhero vanjaar is Kaptein Blitz. Nog nooit van hom gehoor nie? Kyk, hy’s nie meer vandag se superhero nie. In sy tyd het superheroes nie die hele dag lank movie deals geteken en sakke vol geld uit aksiefigure gemaak nie. Hulle het gewérk. En ná vandag se les sal jy ’n paar van die basiese beginsels van superhero wees goed onder die knie hê …”
Frank Opperman is Kaptein Blitz, Suid Afrika se eie Superhero. Die eenman teatervertoning is geskryf deur die bekroonde jeugboekskrywer, Jaco Jacobs. Frank Opperman vertolk die skreeusnaakse rol van Kaptein Blitz en die ander skurke in die verhaal. Die gehoor ontdek die fantastiese wêreld van superhelde, super-gadgets en superskurke. In die toneelstuk is daar meer aksie as in die nuutste Batman-comic en Frank is op sy skreeusnaakse beste as die lompe Kaptein Blitz. Dis ’n storie met SKOP vir oud en jonk.