spacer

Innibos Gholfdag

Die jaarlikse Innibos gholfdag word op Vrydag  28 Junie 2013 by die Nelspruit Gholfklub  by die Matumi gholflandgoed aangebied. Hierdie geleentheid  word jaarliks goed ondersteun deur entoesiastiese gholfers.  Daar is gewoonlik ‘n aantal kunstenaars wat saamspeel, daar is heerlike pryse om te wen en alle gholfers kry ook ‘n gratis toegangskaartjie as hulle ná die prysuitdeling graag verder by die Innibos feesterrein  wil gaan kuier. Enige  winste wat uit die gholfdag genereer word, word geskenk aan ‘n verdienstelike student  wat graag in die kunste wil studeer. Die Innibos Direksie en die borge is trots daarop dat ons reeds duisende rande op hierdie wyse belê het in die toekoms van die kunste!

Datum: 28 Junie 2013
Tyd: 07:00 – 18:00
Venue: Nelspruit Gholfklub (Matumi)
Kompetisie: 4 Bal Alliansie

blog

comp2

facebook_icon twitter_icon youtube_icon

mainsponsors

Soek

Teken in op Tjirp

Naam:
Epos: